Fokus op downsindroom
In Oktober word mense met downsindroom wêreldwyd gevier.
Ook in Namibië sal daar vieringe wees en gefokus word op die belangrike rol wat dié mense in die samelewing kan speel.
Die Downsindroomvereniging van Namibië (DSAN) bied Saterdag van 11:00 tot 14:00 ’n dag vol pret en plesier by die St. George’s Diocesan-skool se sportvelde in Windhoek aan.
Toegang is gratis en familie, vriende en versorgers van mense met downsindroom is welkom om ’n piekniekmandjie saam te bring. Eet- en drinkgoed sal vir kinders beskikbaar wees.
Downsindroom is een van die algemeenste genetiese afwykings in die wêreld en in Suider-Afrika word een uit 700 babas daarmee gebore.
Statisties beteken dit sowat 100 babas word jaarliks met downsindroom gebore.
Vir meer inligting kontak [email protected] of besoek www.downsyndromenamibia.org, of die vereniging se Facebook-blad.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie