Fonds help dolfynprojek
Fonds help dolfynprojek

Fonds help dolfynprojek

Die Namibiese Dolfynprojek doen baanbrekerswerk.
Francoise Steynberg
Nedbank Namibia het sedert 2009 deur middel van sy Go Green-fonds die Namibiese Dolfynprojek (NDP) met meer as N$500 000 ondersteun vir sy baanbrekerswerk in ver­skeie navorsingsprojekte.

Die NDP het in 2008 met 'n ondersoek oor die bewaringstatus van dolfyne by Walvisbaai begin.

Die aanvanklike studie het baie inligting oor die diversiteit van die walvis- en dolfynspesies wat in die gebied voorkom, verskaf en uitgelig hoe klein die bottelneusdolfyn-bevolking by Walvisbaai is. Daar is tans minder as 100 van dié spesie.

Die studie fokus ook op die hoë vlak van mariene toerisme as gevolg van dolfyne.

Sedert 2008 is baie navorsing gedoen met die ondersteuning van Nedbank se Go Green-fonds van drie verskillende projekte.

Die fonds het verseker dat die NDP sy werk by Walvisbaai tussen 2009 en 2011 kon voortsit sodat inligting oor 'n langer termyn ingesamel kan word. Die doel was ook om 'n beter begrip van die menslike impak op die ekostelsel te kry.

Dié navorsing dui aan dat die aantal bottelneusdolfyne by Walvisbaai deur die jaar wissel. Net sowat 'n kwart van die bevolking kom in die somermaande in die baai voor, met stadige oseaniese opwelling en kos wat skaarser langs die kus raak. Al die bekende dolfyne in die bevolking is gedurende die wintermaande in die baai.

Met 'n ontleding van hoe dolfyne die baai gebruik, kon die NDP ook sekere rushabitatte aan Langstrand se kuslyn identifiseer.

Die NDP werk ook saam met die Mariene Toerismebedryf in Namibië (MTAN) om die impak van toerisme op die gebied te verminder.

Tussen 2012 en 2014 het die NDP sy navorsing na Lüderitz uitgebrei om saam met die ministerie van visserye en mariene hulpbronne te werk om die nuwe Namibië Eilande Mariene Beskermde Gebied (Nimpa) te ondersoek om walvis- en dolfynbevolkings, asook seevoëls, te beskerm.

Saam het die NDP en die ministerie baanbrekerswerk gedoen om 'n kombinasie van visuele en akoestiese opnametegnieke in Suider-Afrika te gebruik om bedags en snags opnames te doen.

Hierdeur kon die NDP die sleutelhabitat van beide groot baardwalvisse en die kleiner visvretende dolfyne binne en buite Nimpa beskryf.

Aanlandige werk het die belangrikheid van Lüderitzbaai beklemtoon - veral die gebied by Diaz­punt vir Heaviside-dolfyne, die enigste dolfyn endemies aan Suider-Afrika.

Die NDP het 'n groot hoeveelheid inligting oor die walvisse en dolfyne van Namibië ingesamel.

Dit sluit in gestrande diere, opnames van klein bote en skepe af, lug- en landgebaseerde opnames en akoestiese moniteringswerk.

Hierdie werk is ondersteun deur plaaslike en internasionale vennote soos die ministerie, die Kusomgewingstrust van Namibië (CETN), Nacoma, die Namibië Natuurstigting en die universiteite van Namibië (Unam) en Pretoria (UP). Die projek word deur Simon Elwen, Tess Gridley, Heidi Etter en Ruth Leeney behartig en hulle werk nou saam met Oceans Research.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!