Fonds vir bekende slangvanger gestig

Slangkundiges meen slangbyt moet as 'n aanmeldbare siekte geag word.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg



Die Windhoekse sakeman, mnr. Paul Oosthuizen van Officeco­nomix, het 'n spesiale fonds vir die bekende slangvanger, mnr. ­Francois Theart, ter ­ondersteu­ning van sy navorsing oor slange in Namibië gestig.

“Ek dink die publiek is oningelig en besef nie Francois dek sy eie navor­sing- en kostes verbonde daaraan wanneer hy oor slange ontbied word nie. Hy kry geen finansiële ondersteuning nie. Hy vang slange enige plek, enige tyd, gereeld, sonder om op vergoeding aan te dring,” sê Oosthuizen.

Theart en sy Snakes of Namibia-span verwyder sedert 2007 slange in en om Windhoek en doen bewusmaking oor mens-slang-konflik.

“Ek wil 'n platform skep waar die fondse bestuur kan word. Mnr. Reho Maartens, 'n bekende ouditeur van Windhoek, sal die fonds saam met my bestuur en rekenskap sal van elke sent gegee kan word,” sê Oosthuizen.

Hy sê Theart en dr. Christo Buys is al jare besig om onbaatsugtig en op hul eie koste navorsing oor Namibië se slange te doen.

Theart wat die navorsing op slange doen en Buys, wat ­slangbytpasiënte behandel, het in 2016 die Namibia Snakebite Interest Group (NSIG) gestig.



PRAATJIE IN parlement

Verlede week het Theart op uitnodiging van die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Bernard Haufiku, 'n praatjie in die ­Nasionale Vergadering (NV) oor slangbyt gelewer. Inligting oor slangbyt is deur Buys saamgestel, wat al dekades lank met slangbytslagoffers werk.

“Dit was 'n spesiale dag vir slangbytslagoffers in ons land. ­Uiteindelik het hulle ook 'n stem. Slangbyt is 'n ­struikelblok vir van die ­weerloosste gemeenskappe in ons land,” het Theart aan parlementslede gesê.

“Beleid moet verander sodat slangbyt ook as 'n aanmeldbare siekte soos tuberkulose of MIV/vigs geag word. Dit omdat ons nie presiese ­statistieke vir slangbyt in Namibië het nie.

“As Namibië hierdie beleid aanvaar, sal ons die eerste land in die wêreld wees.”

Theart meen die gebrek aan statistieke is ook te wyte aan min belangstelling en terugvoer van mediese geriewe in beide die private en openbare sektor, “so die ware gevolge van slangbyt bly onbekend”.

Hy sê beleid is belangrik omdat dit hom en Buys kan help om gebiede waar slangbyt algemeen voorkom, te identifiseer en om beskikbare hulpbronne ten beste te gebruik.

Theart meen parlementslede het sy praatjie positief beleef, en “hopelik sal dit tot beleidsverandering oor slangbyt in Namibië lei”.

Hy het in samewerking met die Namibië Universiteit van ­Wetenskap en Tegnologie (Nust) 'n verslag saamgestel om mens-slang-konflik te ­verminder.



20 SLANGBYTE IN 3 WEKE

Volgens die verslag is altesaam 509 slange van Augustus 2015 tot Julie 2018 van 16 spesies uit stedelike en ander gebiede om Windhoek verwyder. Dit sluit 163 pofadders en 135 ­sebraslange in.

Theart het Woensdag gesê die afgelope drie weke het sowat 20 gevalle van slangbyt in die land voorgekom.

Sy projek oor die ekologie en ­ver­skuiwing van die algemeenste slange wat voorkom, sebraslange en pofadders, het ten doel om mens-slang-konflik te verminder.

Oosthuizen meen 'n uitroepfooi van N$500 moet aan Theart betaal word, en N$2 000 vir bewusmakingsdemonstrasies met lewende slange by besighede, skole en selfs huise.

Die spaarrekening by Nedbank se bankbesonderhede is: Mnr. Anton Francois Theart Snake ­Research Fund, rekeningnommer: 12991022137, takkode: 461617.

Vir verdere navrae oor die fonds, kontak Oosthuizen by ­[email protected].

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!