Fonds vir gesubsidieerde voer byna by mikpunt
Fonds vir gesubsidieerde voer byna by mikpunt

Fonds vir gesubsidieerde voer byna by mikpunt

Die sukses van die landbou-unies se droogtefonds getuig van saamstaan in tye van nood.
Die Dare to Care-noodfonds, wat vroeër vanjaar deur die Namibië Landbou-unie (NLU) en die Namibië Opkomende Kommersiële Boere-unie (Necfu) geaktiveer is om boere tydens die droogte by te staan, het byna sy mikpunt bereik.

Mnr. Roelie Venter, uitvoerende bestuurder van die NLU, het Dinsdag in Windhoek gesê sowat N$8 miljoen van die beoogde N$10 miljoen is reeds ingesamel.

Dit beteken die Dare to Care-noodfonds moet nog N$2 miljoen se skenkings kry, dan is die doelwit bereik.

Hy het die aankondiging gemaak tydens die oorhandiging van ‘n skenking van N$75 000 deur die Namibië Biomassabedryfsgroep (N-Big) se hoofbestuurder, mnr. Colin Lindeque, aan Dare to Care.

Dié geld is tydens die tweede Biomassategnologie Ekspo ingesamel wat verlede maand deur die Namibië Houtskoolvereniging (NCA) by Otjiwa naby Otjiwarongo aangebied is.

Die Dare to Care-noodfonds word onafhanklik geoudit om rekenskap te kan gee van elke sent wat ontvang is, sê Venter.

Die geld word aangewend om veevoer teen N$50 per sak te subsidieer. Dit is aan alle boere beskikbaar, maar met ‘n beperking van 100 sakke per boer. Dit beteken boere word elk met N$5 000 gesubsidieer indien hulle die volle aanbod opneem.

Al 13 Namibië se streke is in die wurggreep van die droogte vasgevang wat op sommige plekke in die land al vir sewe jaar voortduur.

Pres. Hage Geingob het die droogte in Mei vanjaar tot ‘n nasionale ramp verklaar en ‘n noodtoestand afgekondig.

Sover is voorspellings nie positief vir reën in die lente en vroeë somer nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!