Forensiese deskundige getuig in McLean-saak

Mnr. Hans Hashagen was gister onder kruisverhoor in die hofgeding van die Michelle McLean Children's Trust (MMCT).
Jacqueline Louw
Jacqueline Louw - 'n Voormalige direkteur van die bekende Michelle McLean Children's Trust (MMCT) en Namibië se voormalige Mej. Heelal is hierdie week weer in die hof in die saak waar hy die trust vir miljoene dagvaar.

Mnr. Danie Botes, die voormalige direkteur van die MMCT het gister saam met die trustees van dié trust hofverrigtinge in die hoërhof in Windhoek bygewoon in die saak waarin hy die trust vir etlike miljoene dagvaar nadat sy diens in 2013 beëindig is.

Mnr. Hans Hashagen, 'n vennoot van die firma PWC en verbonde aan dié firma se afdeling vir forensiese dienste, is gister deur die partye se onderskeie regsverteenwoordigers onder kruisverhoor geneem.

Eise en teeneise van selfverryking vorm deel van die aantygings wat Botes en die MMCT trustees, mee. Michelle McLean, Conny Maritz en mnr. Nic Kruger in dokumente wat by die hof ingedien is, maak.

Botes het McLean, Maritz en Kruger in hul hoedanigheid as trustees en in hul persoonlike hoedanighede vir 'n totale bedrag van meer as N$19 miljoen gedagvaar. Hy eis onder andere nagenoeg N$11 miljoen skadevergoeding van die trustees wat spruit uit die beëindiging van sy dienskontrak in September 2013.

Verder eis hy ook 'n bedrag van meer as N$3 miljoen vir pensioenfondsbydraes wat die trust na bewering nagelaat het om in sy pensioenfonds in te betaal.

Die trustees voer op hulle beurt aan dat Botes homself ten bedrae van N$6,7 wederregtelik verryk het deur geld wat hom nie toegekom het nie, aan die trust te onttrek. 'n Verdere N$1 miljoen word geëis vir 'n mislukte transaksie waarin 'n versekeringsmaatskappy, Lawsure, gekoop is.

Die MMCT is in 1992 as 'n liefdadigheidsorganisasie geregistreer nadat McLean 'n nasionale ikoon geword het nadat sy die Mej. Heelal titel in 1992 gewen het.

Botes, wat 'n agtergrond as suksesvolle fondswerwer gehad het, is in 1994 as direkteur van die trust aangestel.

Op hierdie stadium betwis die partye die terme van die ooreenkoms waarvolgens Botes se vergoeding bereken is.

Hashagen het getuig dat die inkomste van die trust deur Botes se werksaamhede toegeneem het gedurende die tydperk wat hy in diens daarvan was, en dat sy eis vir verlies aan inkomste op hierdie opwaartse tendens gebaseer is.

Gedurende die meer as 18 jaar wat Botes in beheer van die MMCT was, het die organisasie ongeveer N$90 miljoen ingesamel, het senior advokaat Cassie Badenhorst van Suid-Afrika regter Thomas Masuku in Maart 2016 met die aanvang van die verhoor meegedeel.

Die drie trustees word verteenwoordig deur senior advokaat Jean Marais en adv. Esi Schimming-Chase in opdrag van mnr. Mark Kutzner. Senior advokaat Mike Fitzgerald en adv. Deon Obbes tree in opdrag van mnr. Stephen Vlieghe namens Botes op.

Die verhoor gaan vandag voort.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!