Forensiese ondersoeke in Boulter-saak nog nie afgehandel
Forensiese ondersoeke in Boulter-saak nog nie afgehandel

Forensiese ondersoeke in Boulter-saak nog nie afgehandel

Enzo Amuele
Enzo Amuele op Kamanjab – Die ondersoek na die gebeure op die plaas Kaross by Kamanjab op 27 Februarie verlede jaar toe die Britse miljardêr mnr. Harvey Boulter na bewering sy plaasbestuurder, mnr. Gerhard van Wyk, vermoor het, is nog nie afgehandel nie.

Boulter, wat verlede jaar op borgtog van N$500 000 vrygelaat is, het Dinsdagoggend vlugtig in die landdroshof op Kamanjab verskyn.

In ’n brief Maandag aan dié hof het die aanklaer-generaal se kantoor gesê die ondersoek is nog nie voltooi nie. Sekere forensiese ondersoeke moet eers afgehandel word voordat ’n beslissing oor sy vervolging gemaak kan word.

Hy sal eers op 25 April vanjaar weet of die aanklaer-generaal (AG), adv. Martha Imalwa, besluit het hy moet in die hoërhof in Windhoek op die klagte teen hom antwoord en of dié klag moord sal insluit.

Landdros Immanuel Udjombala het Boulter se borgtogvoorwaardes wat bepaal hy moet elke Woensdag by die Windhoek-polisiekantoor aanmeld, gister op versoek van sy prokureur, mnr. Khadhila Amoomo,verslap. Hy mag hom nou Woensdae ook op Hentiesbaai of Kamanjab by die polisie aanmeld, afhangend van waar hy hom bevind.

Sy saak is daarna in afwagting van die PG se finale beslissing tot 25 April uitgestel.

Van Wyk is dood nadat Boulter hom na bewering in die maag geskiet het. Hy en die Van Wyk-gesin het op sy plaas om die braaivleisvuur gekuier toe die voorval na bewering plaasgevind het.
[email protected]

FOTO
Mnr. Harvey Boulter (links) en mnr. Kadhila Amoomo, sy prokureur, gister buite die landdroshof op Kamanjab. Foto Enzo Amuele

Kommentaar

Republikein 2025-04-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer