Fortress se aandeelprys bekommer Moodyu2019s
Fortress se aandeelprys bekommer Moodyu2019s

Fortress se aandeelprys bekommer Moody’s

Volgens die jongste kredietgradering is Suid-Afrika se vooruitsigte van negatief na stabiel aangepas.
Hanlie Stadler

In ’n verrassende stap, gegewe die omstredenheid oor dié maatskappy, het Moody’s Investors Service pas die kredietgradering van Fortress Income Fund op beleggingsgraad bevestig en die vooruitsig vir die gradering na stabiel verander.

Dié genoteerde eiendomsfirma, Fortress Income Fund, het kruisaandeelhouding met Resilient, wat op die oomblik midde-in verskeie ondersoeke na sy aandeleverhandeling en struktuur is.

Daar is onder meer vrae oor of Resilient sy eie aandeelprys opgejaag het en boonop sy eiendomme te hoog waardeer.

Moody’s gradeer nie Resilient se skuldbriewe nie, maar Fortress was onder die tientalle maatskappye wie se gradering in November onder hersiening geneem is met die oog op ’n afgradering toe Moody’s Suid-Afrika se soewereine gradering onder hersiening geneem het.

Moody’s het Vrydagaand aangekondig dat Suid-Afrika se staatskuld onveranderd op die laagste beleggingsgraad, Baa3, gegradeer word en die vooruitsig word van negatief na stabiel verander.

Dit het nou meegebring dat die gradering gefinaliseer kan word van alle Suid-Afrikaanse maatskappye wat ook onder hersiening geneem is.

Die meeste maatskappye het nou hul gradering behou en die vooruitsig is na stabiel verander. Dit sluit in: Barloworld, Bidvest, Fortress Income Fund, Growthpoint Properties, Redefine Properties, Imperial, Mercedes-Benz Suid-Afrika, Telkom, Transnet, Sasol en die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (Acsa).

Hyprop Investments se vooruitsig bly negatief.

In ander graderingsbesluite is banke, ontwikkelingsfinansierders en versekeraars se gradering onveranderd gehou en die vooruitsig na stabiel verander: Standard Bank, FirstRand, Absa, Nedbank, Investec, Discovery Limited, Guardrisk, MMI, Old Mutual Life Assurance Company, Old Mutual Plc, Standard Insurance, Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika, Nywerheidsontwikkelingskorporasie (IDC) en Landbank.

Volgens Moody’s weerspieël die graderings die mate waarin dié maatskappye aan die Suid-Afrikaanse ekonomie blootgestel is. “Die aksies neem in ag dat ’n herstel in die land se instellings, indien dit volgehou word, geleidelik ’n gelyklopende herstel in die land se ekonomie sal ondersteun, tesame met ’n stabilisering in fiskale kragdadigheid, wat ’n positiewe uitwerking op Suid-Afrika se korporatiewe omgewing sal hê.”

Fortress se gradering in die weegskaal

Wat Fortress betref, verwys Moody’s wel na die onlangse skerp daling in die maatskappy se aandeelprys. Fortress se aandeelprys het sedert die begin van die jaar met byna 15% en sy B-aandele met 71% geval. Dit het die uitwerking dat die verhouding tussen die maatskappy se aangepaste totale skuld tot bruto bates tot 31% styg, vanaf 27% einde Desember 2017.

Die maatskappy het ’n hoë blootstelling van 85% aan gesekureerde skuld op sy boeke en 39% van sy skuldbriewe is binne die volgende drie jaar betaalbaar.

“Die beweegruimte vir die Baa3-gradering is ondermyn en het nou min speling vir verdere daling in markwaarde.”

As Fortress se skuld-bate-verhouding tot 35% styg, sal die maatskappy afgegradeer word, ingevolge Moody’s se riglyne.

Moody’s sê hy sal die kruisaandeelhouding tussen Fortress en Resilient ook dophou. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-12-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 19° | 27° Oshakati: 21° | 27° Ruacana: 20° | 25° Tsumeb: 19° | 27° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 21° | 33° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 18° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 16° | 21° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 20° | 36° Aranos: 20° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 14° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 20° | 24° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 16° | 19° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 15° | 34° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 26° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 17° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 17° | 21° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 21° | 34° Harare: 19° | 31° #REF! #REF!