Foschini glad nie optimisties oor dié Kersfees
Hanlie Stadler – TFG, die kleinhandelaar wat Foschini, @home, American Swiss en Totalsports insluit, is besonder pessimisties oor verkope dié Swart Vrydag en Kersfees.
Die maatskappy maak op dié groot verkoopsdae staat om sy jaarresultate ’n hupstoot te gee. Handelstoestande in Suid-Afrika het die afgelope maande verswak en die groep is daarom maar pessimisties oor die voljaar. Die syfers kan ook slegter lyk omdat TFG verlede jaar puik verkope gehad het.
Uit die resultate vir die eerste helfte van sy boekjaar blyk dit aanlyn klereverkope skiet op sedert TFG einde verlede jaar sy nuwe webwerf, myTFGworld.com, bekend gestel het.
Die groep sê die afgelope ses maande het aanlyn verkope in Afrika (wat Suid-Afrika insluit) met 52% opgeskiet en in Australië met 37,1%. Daar was weliswaar ’n insinking van 5,5% in Britse aanlyn verkope, maar dis deels omdat verkope deur House of Fraser, ’n onafhanklike afdelingswinkel wat TFG-klere verkoop, daarby ingesluit is.
Aanlyn verkope verteenwoordig nou 8,8% van die groep se totale verkope, maar net 1,5% van verkope in Afrika.
TFG sê dis maar moeilik om klere te verkoop te midde van groot druk op verbruikers in alle lande. Hy het egter die afgelope ses maande beter as die mark gevaar in al drie die wêrelddele waarin hy bedrywig is.
Verkope in Afrika het met 6,4% gegroei en net in vergelykbare winkels met 4,6%. Pryse van klere in die Afrika-filiaal het gemiddeld met 0,4% gedaal.
Vooruitsigte
TFG sê die kleinhandelomgewing in Brittanje en Australië bly gedemp, maar in Suid-Afrika lyk dinge beroerd. Die winkelgroep vrees die impak wat ’n potensiële kredietafgradering deur Moody’s Investors Service op verbruikersvertroue gaan hê.
In syfers
· Inkomste styg met 6,3% tot R18,6 miljard.
· Bruto winsgrens daal effens tot 53,2% (2018: 53,6%).
· Bedryfswins voor finansieringskoste styg met 5,6% tot R2,3 miljard.
· Basiese verdienste per aandeel styg met 5,4% tot 533,4c.
· Wesensverdienste per aandeel styg met 3% tot 526,7c.
· Tussentydse dividend styg met 1,5% tot 335c per aandeel.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie