Foshini-groep laat gaan KPMG

Met al hoe meer maatskappye wat besluit om nie meer van KPMG se ouditeursdienste gebruik te maak nie, het die onderneming 'n nuwe bestuurspan aangestel.
The Foschini Group (TFG) het sy aandeelhouers ingelig dat hy besluit het om KPMG as sy ouditeure te vervang.

Deloitte & Touche met Michael van Wyk as die aangewese ouditvennoot, gaan KPMG vervang.

Die verandering in sy eksterne ouditfirma is onmiddellik van krag.

TFG het in 'n verklaring op Sens, die JSE se nuusdiens, bloot gesê hy het op dié stap besluit weens kommer oor KPMG.

Ondertussen het die uitvoerende hoof van KPMG, Nhlamu Dlomu Maandag ’n nuwe bestuurspan aangekondig.

Gary Pickering, ’n geoktrooieerde rekenmeester en ouditvennoot, is aangestel as hoof van KPMG se ouditpraktyk. Sipho Malaba, ’n geoktrooieerde rekenmeester, sal voortgaan as hoof van finansiëledienste-oudit, wat die groep se grootste sake-eenheid is, en hy sal ook aan die stuur wees van KPMG se strategiese projekte.

Granville Smith is aangestel om KPMG se adviesdienste-praktyk te lei en Joubert Botha, tans bedryfshoof vir belasting, sal dien as tussentydse leier van dié afdeling.

Modise Maseng sal die afdeling vir die openbare sektor lei, en Makgotso Letsitsi sal hoof wees van KPMG People.

Nosisa Fubu is as hoof van die marktespan aangestel.

Andrew Cranston, wat oor wye internasionale ervaring beskik, is as tussentydse bedryfshoof aangestel.

Brian Stephens is as hoof van risiko aangestel. Dit is ’n nuwe pos wat geskep is om kliëntaanvaarding en -behoud te bestuur. Hy is ’n Suid-Afrikaner wat voorheen by KPMG in Amerika gewerk het en 36 jaar se ervaring by die groep het.

Dlomu sê dit is nou “dag een vir die nuwe KPMG waar openbare belang ewe belangrik sal wees as verbeterde korporatiewe bestuur, gehalte en etiek”. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!