Fotograwe ontevrede oor kopieregwet
Francois Williams - Fotograwe trek al weer aan die kortste end in die jongste wysigings aan kopieregwetgewing, blyk uit ’n voorlegging van die fotograaf Geof Kirby aan die Suid-Afrikaanse parlement se portefeuljekomitee oor handel en nywerheid.
Die komitee het verlede week ’n openbare sitting oor die wysigingswetsontwerp oor kopiereg gehou.
Kirby sê artikel 21 van dié wet belemmer die groei van die fotografiese bedryf in Suid-Afrika, want dit bepaal dat wie ook al betaal vir die neem van ’n foto of wat instem om daarvoor te betaal, die eienaar van die kopiereg word.
Kirby, lid van die Suid-Afrikaanse Vryskutvereniging, sê daar is niks in die hersiende artikel 21 wat die saak sal bevorder van fotograwe wat volgens hom al lank deur korporatiewe belange uitgebuit word nie.
Terwyl die betaaltelevisie-uitsaaiers MultiChoice en M-Net in hul voorleggings gesê het daar is niks fout met artikel 21 nie en dat dit net so behou moet word, sê Kirby die verwysing na fotograwe moet uit artikel 21(1)c verwyder word.
In lande soos Brittanje, Duitsland, Noorweë, Kanada, Amerika en die Verenigde Arabiese Emirate lê die kopiereg van enige nuwe werk by die skepper van die werk.
Kirby meen die wetsontwerp sal die vermoë verklein van die meeste fotograwe om ’n inkomste te genereer.
Hy verduidelik die Wet op Kopiereg van 1978 het ook eers bepaal dat kopiereg by die skepper van ’n kunswerk, foto of skryfwerk lê. Maar in 1980 is dit verander, volgens Kirby onder druk van mediamaatskappye. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie