Foto’s bring hoop
Susan Nel Photography, in samewerking met Spes Charity, bied ‘n oorspronklike fotografie-uitstalling by Am Weinberg Boutique Hotel vanaf 27 tot 29 Februarie aan. Die doelwit van die uitstalling is om bewustheid oor Spes Charity se projekte van die afgelope veertien jaar te skep. Dit het ook ten doel om meer plaaslike borge te betrek by dié nieregeringsorganisasie om hulle te ondersteun in die wonderlike werk wat hulle elke dag in die gemeenskap doen. Ongeveer 300 individue en korporatiewe entiteite sal genooi word. Dit sal egter ‘n oop-uitnodiging wees en enigiemand is welkom om te kom inloer.
Susan Nel sal ook ‘n dekorreeks pop-up-winkel hê, om meer mense na die geleentheid te lok.
Susan Nel sal ook ‘n dekorreeks pop-up-winkel hê, om meer mense na die geleentheid te lok.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie