Fourie-familie veg sáám teen kanker
Nadat hy in intensiewesorg was met Covid-19, het ’n dokter opgemerk dat Johan se kliere geswel is. Hy is maande daarna met kanker gediagnoseer.
Kristien Kruger – Veertien lede van die uitgebreide Fourie-familie het hul hare afgeskeer ter ondersteuning van die 57-jarige mnr. Johan Fourie wat met fase 4 prostaatkanker gediagnoseer is.
“Ons familie vra nie hoekom dit met ons gebeur het nie. Ons het net aanvaar dat Jesus dit oor ons pad gestuur het om nie net sy hart te raak nie, maar om ons almal se harte te raak. Omdat hy so ’n groot rol in ons lewens speel, raak dit die hele familie.”
So het Johan se dogter, me. Joaline Fourie, aan Republikein vertel. Sy sê haar pa het in Julie 2020 Covid-19 opgedoen en is in ’n intensiewesorgeenheid opgeneem.
“Die dokter het opgemerk dat sy kliere geswel is en nadat hy van Covid herstel het, het die dokter aanbeveel dat hy terugkom vir toetse.”
’n Bloedtoets om sy prostaat-spesifieke antigeen (PSA) te meet, het volgens Joaline gewys dat haar pa se telling 541 was. ’n Man van Johan se ouderdom se PSA-vlakke behoort normaalweg tussen 0 en 3.5 wees.
Hy is op 13 November 2020 gediagnoseer.
“My pa het op Oukersdag 2020 met chemoterapie begin. Ses sessies elke drie weke en die PSA-vlakke het mooi afgekom, maar drie maande ná die laaste chemo het die vlakke weer gestyg.”
Johan is tans in sy tweede siklus chemoterapie, wat volgens Joaline nou op ’n sterker vlak uitgevoer word en die PSA-vlakke is weer aan die afneem.
“Met die eerste siklus chemo het sy hare uitgeval; met hierdie tweede siklus het dit nog vinniger begin uitval en dis nou heel weg.”
Uit ons gesels met Joaline is dit duidelik dat Johan nie alleen in sy stryd is nie en dat die hele familie saam hom veg.
“Hy is baie sterk en hou ons familie bymekaar. Hy is ons rots.
“Ek dink Liewe Jesus het mooi geweet vir wie hy nader moet trek om almal anders ook nader te trek.”
TWEEDE BOTSING MET KANKER
Joaline vertel hul familie het nie juis ’n geskiedenis met kanker nie, afgesien dat haar ouma aan kanker gesterf het net voor haar pa Covid-19 gekry het.
“Hulle het uitgevind sy het terminale kanker en drie weke daarna is sy oorlede.”
Volgens Joaline het kanker vir hulle iets alledaags geword, nes Covid. Elke mens met wie hulle praat, weet van iemand, het ’n familielid of het self kanker gehad.
“Ons familie het niks van kanker geweet nie en het net altyd verby die onkologiesentrum gery en dit nooit regtig eens opgemerk nie. Dit was nie regtig belangrik nie, maar nou ry ons daar verby en let op die aantal karre wat daar staan. Dis ongelooflik.”
‘STERKER AS ’N FAMILIE, STERKER IN ONS GELOOF’
Johan werk al 17 jaar by WP Transport en die maatskappy se bestuur ondersteun hom in sy meer-as-’n-jaarlange stryd teen kanker.
“Hulle is ongelooflik. Hulle verstaan en hulle gee vir hom die tyd en nodige privaatheid en respek. Ons is baie dankbaar.”
Volgens Joaline staan die gesin sterk in hul geloof en bankvas agter Johan.
“Dis net baie gebed en geloof wat ons het en ons kan nie die Here genoeg dank vir die ‘battle’ wat hy vir ons gegee het nie, want dit maak ons op die ou einde van die dag nader aan hom en sterker as ’n familie en sterker in ons geloof.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie