Foutiewe pomp veroorsaak lekkasie by Husab-myn
Foutiewe pomp veroorsaak lekkasie by Husab-myn

Foutiewe pomp veroorsaak lekkasie by Husab-myn

Slykdam en boorgate sal nou gemonitor word.
Jessica Botes
Jessica Botes



'n Ondersoek wat in Mei gedoen is na 'n lekkasie in die Husab-­myn se slykdam, wat in die Namib Naukluftpark geleë is, is uiteindelik afgehandel.

Foto's van die lekkasie het op sosiale media verskyn en die vrees laat ontstaan dat gevaarlike afvalmateriaal in die ondergrondse waterbron in kan lek. Kommer is uitgespreek oor die moontlikheid dat die grondwater in die Kahn- en Swakoprivier besmet kan word.

Mnr. Percy McCallum, visepresident van menslike hulpbronne by Swakop Uranium, het gesê die ondersoeke deur die departement van omgewingsake, die Nasionale Radio­logie Beskermingseenheid, die ministerie van landbou, water en bosbou en 'n ondersoek deur eksterne omgewingskonsultante het bevind die lekkasie het net in 'n klein area voorgekom.

“Die pompe by sommige van die ­sypeldamme met voerings het ge­deeltelik gefaal en met die deurlopende invloei van sypelwater het dit daartoe gelei dat die sypeldamme in die omliggende omgewing sonder voerings oorgespoel het,” het McCallum gesê.

Die stortingsarea is steeds binne die omheinde area van die slykdamstoor, wat nie vir die publiek of diere toeganklik is nie, sê hy.

McCallum het ook bevestig die voorval is binne dae by die owerhede aangemeld en inspeksies is uitgevoer.

“Die inspeksies het bevestig dat die storting regstreeks deur die foutiewe pomp by sommige van die sypeldamme veroorsaak is.

“Toe die eksterne reguleerders die gebied ondersoek het, was daar nie meer 'n oorvloei van die sypeldamme nie, aangesien stappe gedoen is om die pompe betyds te herstel. Bykomende meganiese pompe is gebruik om die water oor die muur in die slykdam in te pomp.

“Afgesien van die waterontleding wat deur die myn self gedoen is, het die ministerie van landbou, water en bosbou ook onafhanklike monsters vir kontroledoeleindes geneem. Die maatskappy gaan voort om die slykdam en die omliggende boorgate te monitor.

“Rehabilitasiemaatreëls is deur die maatskappy getref om die sand­kolle, waar stortings plaasgevind het, te neutraliseer. Daaropvolgende rehabilitasie van die gebied het reeds begin en gaan voort.

“Die maatskappy het ook ondersoek waarom die pomp nie werk nie en het nuwe pompe bestel,” het McCallum gesê.

Mnr. Hilifa Mbako, president van die Namibiese Uraanvereniging (Nua), sê hy stem saam met die reguleerders se bevinding.

Volgens McCallum bevat die slykdam die prosesseringsaanleg se behandelde slyk.

Die grootste deel van die water uit die slykdam word via die afgietingstelsel teruggestuur om optimale water­herwinning te verseker.

Kommentaar

Republikein 2024-11-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!