Foutlose landing vir InSight
Marskoors het die wêreld beet ná die eerste suksvolle landing in ses jaar.
Ronelle Rademeyer
Ná ses angsvolle landingsminute het krete van blydskap net voor tienuur Maandagaand in die beheerkamer van Nasa se Straalaandrywingslaboratoium (JPL) in Pasadena, Kalifornië, opgeklink.
Die InSight-ruimtetuig het ná sy 500 miljoen kilometer lange reis oor byna sewe maande, sag en sonder enige teëspoed op Mars geland.
Die sein om dit te bevestig, is teruggestuur deur die twee satelliete MarCo-A en MarCo-B, wat saam gelanseer is.
Enkele stiplekke weg van die projekbestuurder, dr. Tom Hoffman, het die Outjo-boorling dr. Japie Van Zyl aandagtig die verskillende stappe van aankoms, daling en landing (EDL) gevolg. Dit is die stappe in die ses of wat minute vandat die tuig Mars se dun atmosfeer op 'n hoogte van 128 km binnegekom het, totdat dit veilig op vaste grond was.
In daardie tyd moes sy spoed van 20 000 km per uur tot 8 km per uur afgebring word.
Die tuig moes die atmosfeer teen 'n hoek van 12 grade in 'n denkbeeldige venstertjie van 5 km by 5 km binnegaan vir die landing om suksesvol te wees, het Van Zyl vroeër verduidelik. Teen 'n ander hoek kon dit óf wegbons die ruimte in, óf uitbrand.
Hy staan as direkteur van sonnestelselverkenning by die JPL aan die hoof van dié nuwe sending wat ondersoek sal instel na Mars se magneetveld en marsbewings (soortgelyk aan aardbewings). Die verkenningstuig van 360 km is toegerus met hoëtegnologie- toerusting wat met sonkrag werk.
Nie lank ná die landing nie, is die eerste foto van hoe dit by die Elysium Planitia op Mars lyk, teruggestuur aarde toe.
NASAInSight het dit getwiet met die woorde: “Daar is 'n stil skoonheid hier. Sien uit om my nuwe tuiste te verken.”
“Ek is baie, baie bly dat dit lyk asof ons 'n ongelooflik veilige en saai landingsterrein het,” het Hoffman aan die nuusagentskap AP gesê en bygevoeg dit is presies waarna hulle gesoek het.
Dit was Nasa se agste suksesvolle landing op Mars sedert die Viking-tuig in 1976 daar geland het. Die vorige suksesvolle sending soontoe was Curiosity in 2012.
Laasgenoemde verkenningstuig, wat steeds inligting terugstuur aarde toe, is sowat 600 km weg van waar InSight geland het, vertel Van Zyl.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie