Fragmente van ‘n vol lewe
Só onthou Des Erasmus se geliefdes:
Anneli Erasmus - “Des het altyd gesê sy tee trek stadig. En dit is soos hy was. Hy het nooit oorhaastige besluite geneem nie. Hy het hom nie laat aanjaag nie. Met niks nie. Waarmee hy besig was, word eers afgehandel. As die werk ophoop en hy benoud raak hy gaan nie sy arms om alles kry nie, het hy die pak langs hom neergesit en van bo af begin. Niks of niemand sou hom kry om onder ‘n storie uit te haal om eers te doen nie. Geduld het hy baie van gehad.
“Sy ander gesegde was: Ons gaan net aan, ons sal nie ophou nie. Maak nie saak wat die terugslag was wat hom getref het nie. Terugslae was daar baie in sy lewe, maar elke bult het hy metodies uitgeklim totdat hy weer bo was. Die dood van sy twee seuns het hom hard geslaan. Maar hy het gesê hy aanvaar dit so, maar ook dat hy dit nie verstaan nie. Werk het hy geglo is ‘n kuur vir hartseer en pyn.
“Wanneer spertye en stres hoog geloop het, is die worsmasjien nadergetrek. Dis wanneer my moed in my skoene gesak het. Hy het rustig met sy worsmakery voortgegaan asof daar nie ‘n bekommernis in die wêreld is nie. Hy het nooit net een worsresep gemaak nie. Die verskeidenheid was altyd Des se wors, Kamanjabwors, Krismiswors. Eers as die skottels wors daar lê en ‘n proesel op die vuur sis, het hy sy kop laat sak en weggewerk wat voor hom was.
“Rekenaars en selfone was vir hom ergernisse. Dit het hy aan my oorgelaat om te hanteer. Hy was nooit op die internet nie, nooit iets gegoogle nie, nooit geSMS nie en ook nooit ge-e-pos nie.
“Sy kosvernuf het nie net by wors geëindig nie. Hy was ‘n baasbroodbakker en dit was vir hom lekker om sommer ‘n warm brood by ‘n kennis of familielid se huis te gaan aflaai. Sy personeel is ook dikwels sommer uit die bloute bederf met brood en sop, boontjiesop of soms ‘n groentesop. Om te gee was tweede natuur by hom.
“Self het hy meer as net een soettand gehad. Sjokolade, roomys en koek was sy doodsteek. Op George het ‘n kelner ontsteld gesê nee, meneer, nou gaan ek huis toe, toe hy grappenderwys sy derde stuk koek bestel.
Sy groentetuin en vrugtebome is saam met sy tuinman, Esra, met liefde versorg. En die oes is onder die personeel uitgedeel. Sy vye- en kersiekoejawelkonfyte was van sy gewilde geskenke.
“Des het geglo elke mens het regte, ook ‘n boemelaar. Onreg kon hy nie verdra nie. Sy uitgangspunt was altyd: Doen wat reg is, al is dit nie wat jy eintlik wil doen nie.
Hy het dikwels in sy kop geskryf. Wanneer ons uit was op ‘n storie en ons ry terug, raak hy so stil en sê later: ‘Die storie is klaar, ek moet hom nou net gaan tik.’
Wanneer ons vroegdag moes opstaan en ‘n storie gaan doen wat ons nie rêrig wou nie, het hy steeds elke keer met die terugry gesê ‘another job well done’.
“Lojaliteit was nog een van sy sterk eienskappe. Hy was tot sy dood lojaal teenoor sy werkgewer en die mense om hom. Maar hy het dieselfde verwag.
Die klein dingetjies in die lewe was vir hom belangrik. Die kleinste geskenkie het hy gekoester en kon jare later nog onthou wie vir hom wat gegee het. Hy het sy geskenke nooit dadelik gebruik nie. Dit moes volgens hom eers ‘n bietjie marineer.
“Des het altyd gesê hy’s te bang om sommer aan enigiets te dink, want ek kan sy gedagtes lees. Hy’t altyd gesê ek moet ophou om in sy kop te kyk as ek begin praat oor iets wat hy juis op daai oomblik wou sê. Dit is maar soos dit was met ons. Ons het geweet wat in mekaar se koppe en harte aangaan.
“Met ons troue het hy gesê die armoede waarmee hy na my toe kom, is sy ouderdom. Ons het nie geweet hoeveel tyd ons gegun gaan word om saam te spandeer nie. Dinsdag sou dit negentien jaar wees. Negentien jaar wat ons aangegryp het en elke oomblik saam deurgebring het.
Negentien jaar se herinneringe om nou stuksgewys te herleef.
‘Ek het vrede met my God – nie net nou nie, nog altyd.’
“In ‘n effens gebroke handskrif in ‘n eksamenblok staan dit geskryf. ‘Ek is ook nie kwaad nie. Ek is met ‘n glimlag aan die hand van God.’ Só het Des aanvaar en saamgeleef met dít wat oor hom gekom het. Oor een ding was hy beslis. ‘Ek bly net hier saam met jou. Ons twee uitmekaar – nooit!’ Van die groot leunstoel in die sitkamer na die groot bed in die kamer het ons saam beweeg. Sy pen het sy stem geword, maar ook nie vir lank voordat ook dít onleesbaar geword het nie.
“Hy het nooit gekla nie, was meer bekommerd oor dié wat oor om waak as oor homself. Dit is die man wat Des Erasmus was. Sy humor het ook nie uitgebly nie. Toe dit te moeilik raak om hom te stort, het ‘n suster gekom om hom te bedwas. Daaroor skryf hy in die eksamenblok wat langs hom gelê het en wat sy stem geword het: ‘Sy’t my van bo tot by possible gewas. Toe van onder tot by possible. Toe was sy vir possible. Ek was laas so skoon toe ek vier maande oud was.’”
Des se suster, Ria Dreyer van Stellenbosch deel ‘n staaltjie uit hul jeugjare op die plaas Montem Video naby Cradock:
“Ons tante, die laerskoolhoof op Robertson, ‘n formidabele vrou, het baie vakansies daar deurgebring. Sy het my gereeld vergelyk met ‘n niggie van my ouderdom – so tussen vier en vyf. Sy was glo selfstandig, paraat, slim ensovoorts. Ons Erasmussies was seker te free spirited vir haar.
“Eendag het sy ingegryp en my so woes gekarnuffel dat ek weggehardloop het en buite agter die rondawel in ’n donderstorm gaan sit en huil het. Ek vermoed Des het die petalje aanskou. Die volgende oomblik staan hy langs my en probeer my troos. Op 78 onthou ek nog duidelik sy woorde: ‘Toemaar sussie, moenie so huil nie. Het jy gesien hoe groot is haar stêre?’.
“Hierdie groot wysheid van ‘n sewejarige het my dikwels bygebly in moeilike omstandighede.
Sy seun Hannes het by geleentheid gesê: ‘My pa se mees uitstaande eienskap is sy wysheid.’
Ek wil ook die volgende byvoeg: individualiteit, kreatiwiteit, deernis vir ander en deursettingsvermoë.”
Francien, Des se dogter, onthou die klein bederfies toe sy klein was. Ook hoe daar saam gekamp is by Torrabaai en sy met hom gesit en gesels het terwyl hy visvang.
“Ek en my pa is sielsgenote. Ons kon bymekaar sit en ons hoef niks te sê nie en tog sê ons baie.”
Die dogters Anneli en Liana is dankbaar vir die pa wat Des vir hulle was ná hul eie pa se dood, en die oupa wat hy vir hul drie kinders Ruan, Joshua en Karli was. Hulle het groot respek vir hom gehad.
Ruan en Joshua sal hom altyd onthou buite by die vuur waar hy hulle leer roosterkoek maak het.
Sy kleinseun Kempen skryf hy glo die liefde en warmte van ‘n huis is iets wat mens kan ruik. En só het hy dit ervaar elke keer as hy by Oupa en Ouma gekuier het – net soos dit ook was met die groetslag ‘n paar weke terug.
“Hierdie reuk is ‘n samestelling van gevoelens en ervarings. Dis die knetter van ‘n vuur onder ‘n potjie, die tuisgebakte brood en die gestopte wors in Ouma se toeknyprooster. Dis die geskeur van geskenkpapier met drukkies en soentjies soos daar dankie gesê word op Oukersdag. Dis my pa en Oupa wat die sportuitslae bespreek en die gelag van grappies toe hy ‘n kelner by ‘n uiteetplek ná hy ‘n taaierige toffieroomys geëet het, gevra het om sy valstande te gaan afspoel.
“Ek sê dankie Oupa vir die oorvloed liefde en warmte.”
Die ander kleininders deel ook hul liefde vir hul oupa. Ria vertel hoe hy haar leer Engels praat het nog voor sy skool toe is. Sy vertel hoe hulle saam weggelê het aan lekkers terwyl Ouma hom eintlik op ‘n dieet gehad het. Ria onthou ook sy lekker brood. Katja en haar tweelingbroer en -suster Cara en Konrad onthou ook die interessante stories wat hy altyd vertel het en praat met groot dankbaarheid van hoe hy hulle van hul pa vertel het, die pa wat hulle nooit geken het nie.
Vir Des
huil die leser
ek het nooit ‘n afspraak met jou gemaak
ons het mekaar te gereeld toevallig raakgeloop
jy het onder die dekmantel van gesels gefilosofeer
oor die wêreld se pyn
die seer
maar die grootste van alles
die hoop
jy was altyd op pad na Omaruru se Kunstefees
Outjo se Wildsfees
Henties se Visfees
maar nou het jy koers gekry
oor die horison
na jou eie oorwinnigsfees
waar jy vir altyd gaan bly
want jou pen is droog (dit was jou swaard)
jou boekie is vol
en jou gemoed
van die dinge wat jy nie verstaan
wat binne jou woed
nou het jy die vrede
die perfekte balans tussen die lewe se lag en smart
skryf vir my verder met jou vinger
op die kleitablette van my hart
jy moet verslag doen oor jou oorwinnigsfees
ons sal dit later lees
eendag as ons ook vry
soos jy sal wees - Charles Zandberg
Ons groet jou woordmeester
ons groet jou woordmeester
ikoon van joernalistiek
vir agt en vyftig jaar
het jy met woorde getoor
in eenvoud en presisie
het jy ander leer skryf
jong joernaliste het gesweet
mooi geleer onder jou pen
jou “ek sê maar net” soms tong in die kies
het die naakte waarheid uitgelig
ons groet jou woordmeester
ikoon van joernalistiek
op ver plekke het jy gereis
oral oor stories gaan kry
vir ons land het jy die taal gebring
met patriotisme geveg vir ons reg
diep store het jy getrap
wat wind nie kan wegwaai
dalk skryf jy mooi stories
daar waar jy nou by God sit
ons groet jou woordmeester
ikoon van joernalistiek
deur jou oë sal vele nog stories vertel
Tersia Augustyn

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie