Fragments From A Treasured Land deur dr. Martin Compion
Die afgetrede dokter Martin Compion skryf in die boek Fragments from a treasured land oor herinneringe uit sy studentedae asook oor groot geeste in die mediese wêreld wat hy geken het.
Compion het sy kinderlewe en jeug in Namibië deurgebring.
In die boek herroep hy sy kinderdae – die dertigerjare tydens die groot ekonomiese depressie. Dit was in dié tyd wat hy dr. Frank Marais ontmoet het, een van die doyens van medisyne in Namibië.
Compion het sy kwalifikasie by die Royal College of Surgeons, Dublin, voltooi. Die staaltjies in die boek gaan oor sy studies, studente, professors en dosente. Dit vertel ook die verhale in tye voor die vinnige vooruitgang in medisyne, toe daar steeds geglo is medisyne is net so veel ’n kuns as ’n wetenskap.
Behalwe vir sy internskap en die tye wat hy opleiding in Suid-Afrikaanse hospitale gegee het, was hy sy hele loopbaan lank ’n geneesheer in Namibië. Hy het ook in die eerste intensiewesorgeenheid in Namibië gewerk.
Hy woon sedert sy aftrede op Swakopmund.
Die boek word deur Windhoek Stationers uitgegee en is by die instansie en in ander plaaslike boekwinkels teen N$200 te koop.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie