Frankfurt-vlugte het hervat
Frankfurt-vlugte het hervat

Frankfurt-vlugte het hervat

Ronelle Rademeyer
Air Namibia se vlugte na en vanaf Frankfurt in Duitsland het hervat.
Die Airbus A330-200 is ná die vlerkskade tydens ‘n ligte botsing Saterdagaand by die lughawe in dié stad, weer in gebruik.
Dit het vanoggend omstreeks halfnege by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe geland en anderhalfuur later weer met passasiers na Frankfurt teruggekeer, het die tussentydse hoof uitvoerende beampte van Air Namibia, mnr. Xavier Masule, pas in ‘n verklaring gesê.
Hy sê hoewel die ondersoek deur die Duitse burgerlugvaartowerheid, Luftfrahrt-Bundesamt (LBA), voortduur, is bevind die skade aan die vlerk is gering en die vliegtuig kon ná die nodige herstelwerk vlugte hervat.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer