Frankryk: Macron lyk na volgende president
Die gematigde Franse presidentskandidaat Emmanuel Macron en die verregse leier Marine Le Pen sal op 7 Mei in die tweede ronde van die verkiesing met mekaar meeding.
Finale syfers van Sondag se verkiesing gee Macron 23,75% van die stempersentasie en Le Pen 21,53%. Dit maak hulle die sterkste kandidate wat deurdring tot die tweede ronde van die verkiesing.
Macron (39), van die sentristiese beweging En Marche! (Voorwaarts!), is die jongste kandidaat en was voorheen ekonomiese raadgewer vir die erg ongewilde pres. François Hollande voordat hy minister van ekonomiese sake geword het.
Le Pen het haar verkiesingsveldtog op die gevare van die radikale Islam en die kapitalisme gegrond.
Peilings, wat Sondag Franse kiesers se gevoel gepols het, toon dat Macron die tweede ronde gemaklik behoort te wen.
’n Harris-peiling toon hy sal die tweede ronde 64% teenoor Le Pen se 36% van die stempersentasie wen met ’n Ipsos/Sopra Steria-peiling wat dieselfde wys. - Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie