Frankryk onder druk oor sluier-verbod
Die Verenigde Nasies (VN) se menseregtekomitee het Maandag beslis dat Frankryk se verbod op die dra van sluiers wat die hoof en hele gesig bedek, ’n menseregteskending is.
Frankryk kon nie ’n geldige argument gee waarom hy Moslem-vroue verbied om sulke sluiers te dra nie, het die komitee gesê.
Die Franse regering het opdrag gekry om sy wetgewing daaroor te hersien.
Die regering moet binne 180 dae verslag doen oor die stappe wat hy beplan.
“Die komitee is in die besonder nie oortuig deur Frankryk se aanspraak dat ’n verbod op gesigbedekkings ’n noodsaaklike veiligheidsmaatreël en noodsaaklik is vir saamleef in die gemeenskap nie,” het die komitee gesê.
Die komitee is saamgestel uit onafhanklike deskundiges en hou toesig oor voldoening aan die internasionale konvensie oor burgerlike en politieke regte, maar sy besluite is nie regtens bindend nie.
OPSIONELE PROTOKOL
Frankryk het egter ingevolge ’n opsionele protokol van die verdrag ’n internasionale regsplig om “in goeder trou” gehoor te gee.
Die komitee se bevindinge volg op klagtes deur twee Franse vroue wat in 2012 skuldig bevind is ingevolge ’n wet van 2010 wat bepaal dat “niemand in ’n openbare ruimte enige kledingstuk mag dra wat bedoel is om die gesig te bedek nie”.
Die komitee sê die verbod het die vroue se reg om hul geloof uit te leef uitermatig geskend en dit kan daartoe lei dat hulle tot hul huise beperk en gemarginaliseer kan word.
Die Franse regering moet ook skadevergoeding aan die twee vroue betaal.
Yuval Shany, voorsitter van die komitee, het gesê hul bevinding is nie ’n onderskrywing van die vollyf-sluier nie, maar dat hy en die ander lede van die paneel van 18 lede die verbod wel beskou as ’n vorm van verdrukking. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie