Frans Indongo pleit vir verdraagsaamheid
Frans Indongo pleit vir verdraagsaamheid

Frans Indongo pleit vir verdraagsaamheid

Ronelle Rademeyer
Maria Eiseb - Mnr. Fans Indongo het die week tydens die oorhandiging van ’n klaskamer gepleit dat Namibiërs van alle kleure en rasse in vrede moet saamleef en as een volk die land tot groot hoogtes dra.
Indongo, wat onlangs sy 80ste verjaardag gevier het, het benadruk dat hy en sy tydgenote in moeilike tye geleef het en dat dit nie nodig is vir die land se jeug om dieselfde apartheidseuwels te beleef nie.
“Ons wil nie wraak neem vir wat in die verlede gebeur het nie, ons moet net saamwerk om van Namibië 'n suksesvolle land te maak,” het hy gesê.
Hy het ook gesê dat mense vóór onafhanklikheid in erge armoede en hongersnood geleef het.
“As ons nog in dié soort armoede wil leef, gaan ons ons land in groot gevaar stel,” het hy gesê.
Tydens die oorhandiging het die adjunkminister van onderwys, kuns en kultuur, me. Anna Nghipondoka, gesê diegene wat in onderwys belê, doen dit tot hulle eie voordeel, want die leerlinge kan eendag een van hul werknemers wees. Sy het voorts die leerlinge aangemoedig om nie moed te verloor nie en gesê hul swaarkry sal nie vir ewig duur nie.
Sy het die onderwysers gemaan om leerlinge met respek te behandel en om te sorg dat kinders nie net ingeskryf word nie, maar wel hul skoollopbaan voltooi.
“As die leerlinge met respek behandel word, skep dit ? positiewe effek in hul lewens. Kom uit julle gemaksone. Ek weet daar is onderwysers wat gemaklik is al druip leerlinge. Dan sê hulle daar is te veel uitdagings, maar ander onderwysers kry dit wel reg om leerlinge te laat slaag ten spyte van die uitdagings,” het sy gesê.
Die uitvoerende hoof van Frans Indongo-groep en die voorsitter van die Craton Foundation, mnr. Kobus van Graan, het belanghebbers uitgedaag om meer vir opvoeding te gee.
“Doen iets wat betekenisvol is, iets wat vir altyd sal bestaan en wat van waarde is, het hy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-12-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 22° | 30° Ruacana: 21° | 29° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 18° | 26° Omaruru: 22° | 33° Windhoek: 21° | 29° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 23° Rehoboth: 22° | 31° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 22° | 36° Aranos: 21° | 35° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 24° | 37° Oranjemund: 17° | 24° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 21° | 31° Lubumbashi: 17° | 29° Mbabane: 15° | 32° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 34° Windhoek: 21° | 29° Cape Town: 20° | 22° Durban: 20° | 30° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 18° | 29° #REF! #REF!