Franschhoek-Bastillefees op die wynkalender
Wynliefhebbers wat oor die naweek van 11 en 12 Julie in die Franschhoek-gebied is, moet ’n draai by die Franschhoek-Bastillefees maak.
By die fees word die beste handgemaakte produkte uit die wynlande soos tuisgemaakte sjokolade, olywe en olyfprodukte tot heuning en kaas, brood te koop aangebied. Toegang is gratis.
Die Bastillefees se kos-en-wynsaal (die dorp se stadsaal) is geskik vir die hele gesin. Vermaak word vir kinders verskaf terwyl die ouers lekker ontspan. Proe die verskillende wyne uit die vallei en verlustig jouself aan die heerlike kos wat te koop aangebied word. Toegang tot die saal is R120 per persoon en sluit ’n komplimentêre proeglas, proekoepons en ’n R20-koepon in. Kinders onder 18 word gratis toegelaat.
Die Bastillefees se kos-en-wyn-markiestent by die Hugenote-monument bied ook groot bederf vir die smaakkliere met eg Franschhoekse kos en het genoeg parkering en ’n uitsig op die omliggende berge.
Die internasionaal bekroonde sjef Marcus Fréminot van die Seychelles sal gaste met tradisionele Kreoolse disse trakteer. Hy sal Suid-Afrika besoek as deel van ’n Franse kulturele uitruilprogram. Hy het al vir die president van sy eiland, ambassadeurs, ministers en “baie belangrike persone” kos gemaak.
Om verdere Franse flair aan die feestelikhede te verleen, sal ’n klein Eiffeltoring in rooi, wit en blou, ’n Frans-geïnspireerde fotohokkie en steltlopers ook teenwoordig wees.
Kaartjies vir die Franschhoek-Bastillefees se kos-en-wyn-markiestent kos R200 per persoon en sluit ’n komplimentêre proeglas, ’n boekie met proekoepons en ’n R20-koepon in. Bykomende proekoepons kan op die dag gekoop word.
Franschhoek sal weer sy gewilde boules-toernooi aanbied, asook die Delta Valley Entertainers en die Porcupine Ridge-vatrolkompetisie.
Voorafbespreking kan by www.webtickets.co.za gedoen word en is noodsaaklik aangesien niemand toegelaat word sodra die plekke vol is nie.
Franschhoek se Bastillefees het verlede jaar die Crowd Pleaser-toekenning in die KLINK-toekennings van 2014 gewen en is aangewys as die beste toerismegerigte geleentheid van die jaar op die 2013 burgemeestertoekenningsgeleentheid van die Kaapse Wynlande-distriksmunisipaliteit. Franschhoek is ook lid van die Délice Network of Good Food Cities of the World en het vanjaar die derde plek in die TripAdvisor Travellers’ Choice Top 10 Destinations in South Africa behaal.
Vir meer inligting, besoek www.franschhoekbastille.co.za of volg hulle op Twitter by @Franschhoek_SA.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie