Franse egpaar op Trans-Caprivi-hoofweg beroof
Franse egpaar op Trans-Caprivi-hoofweg beroof

Franse egpaar op Trans-Caprivi-hoofweg beroof

Henriette Lamprecht
Twee Franse toeriste is vanoggend van hul besittings met ’n waarde van N$90 000 by die Kambowo-nedersetting langs die Trans-Kalahari-hoofweg in Kavango-oos beroof.
Volgens die streek se koördineerder vir misdaadondersoeke adj.komm. Bonifasius Kanyetu het die verdagte duimgegooi.
“Toe die egpaar stop, het hy die motorsleutels gegryp, die voertuig se vensters stukkend geslaan en met twee sakke, ’n iPhone en ’n bedrag geld op die vlug geslaan,” het Kanyetu gesê.
Die verdagte (33) is later in hegtenis geneem, nadat hy €300 by ’n plaaslike winkel wou omruil. Hy is in besit van N$4 890, die iPhone en €900 betrap. - Nampa

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer