Franse kandidate pak mekaar in TV-debat
Volgens 'n meningspeiling is 63% kykers van mening dat Emmanuel Macron meer oortuigend was.
Die finale televisiedebat voor Frankryk se presidentsverkiesing Sondag tussen die verregse kandidaat Marine Le Pen en haar sentristiese opponent Emmanuel Macron het die verskille oor hul planne vir die land se toekoms, die euro en planne om terreur te beveg, uitgelig.
Peilings wys dat Macron (39) 20 persentasiepunte voor Le Pen (48), leier van die Nasionale Front is.
Vir Le Pen was die twee-en-'n-half-uur debat, wat deur miljoene gekyk is, die laaste kans om kiesers te oorreed dat haar planne om immigrasie hok te slaan, die euro as 'n geldeenheid te vervang en 'n referendum oor lidmaatskap van die Europese Unie te hou, in die beste belang van Frankryk is.
'n Peiling direk ná die debat toon dat 63% van die kykers van mening is dat Macron meer oortuigend was.
Le Pen het Macron gehamer oor sy agtergrond as 'n voormalige bankier en minister van finansies en gesê hy is die kandidaat van “globalisering wat buite beheer is”.
Hy het teruggekap en gesê haar plan om die euro te vervang sal 'n valuta-oorlog begin. Hy het ook gesê sy het geen plan om Frankryk se werkloosheid aan te pak nie.
Macron het liberale hervormings voorgestel om die Franse ekonomie aan die gang te kry, terwyl Le Pen proteksionistiese handelsmaatreëls wil instel om werk in Frankryk te beskerm. .
Die debat het by tye baie persoonlik geraak met Macron wat Le Pen as 'n “parasiet” en leuenaar uitgekryt het en sy wat hom 'n “smalende bankier” genoem het.
Die felste deel van die debat het oor veiligheid gegaan.
Le Pen het Macron daarvan beskuldig dat hy te passief is om Islamitiese fundamentalisme te takel. “Jy het geen veiligheidsplan nie, maar jy is toegeeflik met Islamitiese fundamentalisme,” het sy gesê.
Maar hy sê sy bied vals oplossings en dat haar plan tot burgeroorlog kan lei.
Toe Le Pen Macron se opsommings aan die einde van debat wou onderbreek, het hy haar toegesnou: “Bly jy op televisie, ek sal die president van die land wees.”
– Netwerk24/Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie