Franse kunstenaar kuier in Namibië
Die beeldhouwerk van 'n lewensgrootte renoster sal by 'n galadinee op 31 Augustus ten bate van renosterbewaring opgeveil word.
Francoise Steynberg - Die Franse kunstenaar mnr. Gé Pellini toer tans deur Namibië.
Pellini gaan 'n lewensgrootte renoster by die Franko-Namibiese Kultuursentrum (FNCC) van Maandag 24 Julie af uit 'n marmerblok van nege ton ten bate van renosterbewaring skep.
Hy en sy vrou, Arielle, het verlede Woensdag met komplimente van Air Namibia van Frankfurt na Windhoek gevlieg. Mnr. Theo Redelinghuys van Toyota Gobabis het 'n Toyota Hilux 4x4-dubbelkajuitbakkie vir hul reis deur Namibië beskikbaar gestel.
Pellini, sy vrou, mnr. Kambezunda Ngavee, 'n student aan die Kollege van die Kunste, en mnr. Jürgen Rumpf, 'n lid van die Namibiese Professionele Jagtersvereniging (Napha), het dadelik na Karibib gereis om mnr. Mark Hoffmann van Namibia Stone Services te ontmoet wat die marmer vir die beeldhouprojek skenk.
Pellini het ’n marmerblok van nege ton gekies waaruit hy die renoster gaan skep.
Namibië se eie kunstenaar, Alpheus (??), gaan sy talent met 'n marmerblok van drie ton wys en Ngavee het 'n "babablok" van 100 kg gekies om sy beeldhouwerk uit te skep.
Al drie die marmerblokke is Dinsdagoggend by die FNCC afgelewer waar Pellini en die Namibiese kunstenaars Maandag om 11:00 hul beitels gaan uithaal.
Die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, sal die geleentheid amptelik om 11:00 open.
Intussen ervaar Pellini en Arielle ware Namibiese gasvryheid en kuier vir drie dae met komplimente van Namibia Wildlife Resorts (NWR) in die Etosha Nasionale Park by hul Halali-oord. Natuurbewaarders sal hulle op ’n renosterspoorsny-safari saam met die Red die Renosterfonds (SRT) begelei.
Die beeldhousessie sal sowat 'n maand lank by die FNCC voortduur en die publiek kan kyk hoe die kunstenaars daarmee vorder.
Op 31 Augustus sal die renoster by 'n spoggerige galadinee by die Windhoek Buitekluboord saam met ander groot pryse opgeveil word en die opbrengs sal vir teenstropery aangewend word. Napha se galadinee is ten bate van hul Hunters United Against Poaching-trust.
Vir navrae oor die galadinee, kontak Mona of Maria by 081 162 0977 of 081 474 3960 of per e-pos by [email protected].

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie