Franse legendes 'gelukkig' om virus te oorleef

Rugby
Die voormalige Franse losvoorspeler en kaptein van die Hane, Thierry Dusautoir, sê hy voel “gelukkig” nadat hy en sy voormalige spanmaat Sebastien Chabal 'n Covid-19-infeksie oorleef het.

Die dodetal wêreldwyd het gisteroggend die 82 000-kerf verbygesteek, insluitend nagenoeg 9 000 in Frankryk.

“In die huidige konteks ag ons onsself baie gelukkig,” sê Dusautoir, wat die Franse in 56 toetse aangevoer het. Hy was Wêreldrugby se Speler van die Jaar in 2011 en het vier jaar tevore in 'n Wêreldbeker-wedstryd 'n rekord opgestel wat steeds staan, deur 38 duikslae teen die All Blacks uit te voer.

Dusautoir (38) sê hy het op 14 Maart vir die eerste keer simptome gevoel waarna hy gediagnoseer is, maar nie getoets is nie.

“Toe volg 'n taai, uitmergelende twee weke,” sê die oudkaptein wie se Frankryk-span in die 2011 WB-finaal teen Nieu-Seeland verloor het.

Chabal sê die koronavirus het hom “vir 'n week of so” platgeslaan.

“Maar dit was niks in vergelyking met wat ons daagliks hoor en om ons sien gebeur nie,” sê die voormalige slot en losvoorspeler wat 62 toetse vir die Hane gespeel het.

Die bebaarde Chabal was 'n kultusfiguur in sy speeldae, veral tydens die 2007 Wêreldbeker wat in sy tuisland aangebied is. Die Franse span het sy groepwedstryd teen Namibië met 87-10 gewen. Die Namibiërs het die flank Jacques Nieuwenhuis vroeg met 'n rooi kaart verloor nadat hy 'n vlieënde hoogvat op Chabal uitgevoer het.

– Bygewerk van Rugby365

Kommentaar

Republikein 2024-11-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 36° Rundu: 24° | 34° Eenhana: 21° | 36° Oshakati: 22° | 36° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 24° | 37° Otjiwarongo: 19° | 35° Omaruru: 18° | 36° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 17° | 32° Henties Bay: 14° | 20° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 14° | 30° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 13° | 29° Ariamsvlei: 14° | 30° Oranjemund: 12° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 17° | 32° Lubumbashi: 17° | 25° Mbabane: 12° | 19° Maseru: 9° | 20° Antananarivo: 18° | 30° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 20° | 25° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 21° Harare: 18° | 26° #REF! #REF!