Franse polisie skiet man buite Notre Dame
Franse polisie skiet man buite Notre Dame

Franse polisie skiet man buite Notre Dame

Die motief vir die aanval is nog onbekend.
Die Franse polisie het ’n man geskiet en gewond wat polisiebeamptes Dinsdag met ’n hamer buite die Notre Dame-katedraal aangeval het, en daar is met ’n terreurondersoek begin.

Gewapende polisielede het die toneel in die sentrale gedeelte van Parys afgesper. Miljoene toeriste besoek jaarliks die katedraal.

Die motief vir die aanval is nog onbekend.

Dit kom skaars drie dae nadat Islamitiese militante sewe mense in Londen vermoor het.

“Die situasie is onder beheer. Een polisieman is beseer. Die aanvaller is ontwapen en na ’n hospitaal gebring,” sê die Paryse polisie op Twitter.

Twee polisiebronne sê die beamptes het die aanvaller in die borskas geskiet nadat hy hulle met die hamer gedreig het. Een polisieman is beseer, het die bron bevestig.

Karine Dalle, woordvoerder van die Paryse biskop, het aan BFM TV gesê 900 mense was nog in die katedraal terwyl die polisie die omgewing beveilig het.

Een vakansieganger in die katedraal het getwiet: “Vasgekeer in die Notre Dame-katedraal nadat die polisie ’n man geskiet het. Ons is saam met ons twee vreesbevange kinders.”

Frankryk loop sedert die begin van 2015 deur onder ’n vlaag van terreuraanvalle waarin meer as 230 mense oor die land heen dood is.

Soldate en polisielede patrolleer die strate om toeristebestemmings, regeringsgeboue en by openbare geleenthede.

Drie vroue is in September in hegtenis geneem nadat die polisie ’n motor met gassilinders verlate naby die Notre Dame-katedraal gevind het. Toe het die departement van binnelandse sake gesê dit was waarskynlik ’n beplande aanval wat binnekort uitgevoer sou word. – Netwerk24/Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!