Franse reg om Eskom met geld te help
Francois Williams
Frankryk oorweeg om te help met finansiering vir Eskom, berig Business Times.
Aurélien Lechevallier, Frankryk se ambassadeur in Suid-Afrika, het op pres. Cyril Ramaphosa se beleggingskonferensie verlede week in 'n onderhoud met Business Times gesê Frankryk werk aan verskillende planne om Eskom te help.
Die regering wil Eskom in drie afsonderlike sake-eenhede verdeel en sy skuldlas van R450 miljard herstruktureer.
Die geldelike steun sal waarskynlik gestruktureer word as 'n lening deur 'n paar vennote wat ander lande soos Duitsland en die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika kan insluit, sê die ambassadeur.
Frankryk het 'n lang geskiedenis met Eskom deurdat die eertydse Franse kernkragmaatskappy Framatome die kernreaktors by die Koeberg-kernkragstasie ontwerp en gebou het.
'n Lang verbintenis is opgebou omdat Franse maatskappye dikwels help met instandhouding by Koeberg.
Die Franse ontwikkelingsagentskap AFD werk al sedert 2011 saam met Eskom om hulp te verskaf met die opgradering van sy kragnetwerk. Verlede jaar het Eskom en AFD 'n ooreenkoms gesluit vir 'n lening van R1,5 miljard om die transmissienetwerk te versterk en te verleng. In 2015 het Eskom 'n ooreenkoms van R2,3 miljard gesluit vir kragverspreidingsnetwerke in die Oos-Kaap, Limpopo en KwaZulu-Natal. – Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie