Franse toeriste, ‘horingsmokkelaar’ uit op borg
Verskeie vermeende wildmisdadigers is vandeesweek borgtog in howe toegestaan.
Francoise Steynberg - Twee Franse toeriste wat verlede Donderdag glo met twee stukke ivoor by die Rooidaghek naby Tsumkwe vasgetrek is, het Vrydag borgtog van N$10 000 elk gekry.
Mnr. Allais Fabien (32) en me. Marine Petit (33) het in die Grootfontein-landdroshof op klagte van die onwettige besit van beskermde en beheerde wildprodukte verskyn.
Hul borgtogvoorwaardes sluit in dat hulle hul paspoorte by die polisie moet inhandig. Hul saak is tot 21 November vir pleit- en verhoordoeleindes uitgestel, berig Nampa.
Hulle het van Tsumkwe na Grootfontein gereis toe die polisie hul voertuig by die veeartsenybeheerpunt by die Rooidaghek deursoek het en glo twee ivoorstukke van 0,117 kg gevind het.
Die vermeende renosterhoringsmokkelaar, mnr. Tangi “Mox” Namwandi, en sy medebeskuldigde, mnr. Ndiaombe Uapenduka, het verlede Maandag in die Omaruru-landdroshof borgtog van N$2 000 elk gekry.
Volgens die polisie en die ministerie van die omgewing en toerisme se weeklikse wildmisdaadverslag is hul saak na 2 Desember uitgestel vir ’n beslissing van die aanklaer-generaal.
Een van die vermeende diewe van 34 renosterhorings uit ’n instapkluis in ’n huis op Outjo, mnr. Hofni Amakali, is ook verlede Maandag in die Outjo-landdroshof op borgtog van N$5 000 vrygelaat.
Sy medebeskuldigdes, mnre. Elias Mweutwikange, Shikongo Ananias en Shipaki Nghihaanye, bly in aanhouding.
Mnr. Frans Kalihonda het verlede Maandag in die Grootfontein-landdroshof borgtog van N$2 000 gekry ná hy glo met een aardvark en drie ietermagôvelle vasgetrek is.
Vier Namibiese mans wat glo met drie renosterhorings in hul besit in hegtenis geneem is, mnre. Musisanyani Masule, Mishake Muhinda, Manja Eric en Dominic Shando (Namibies) het verlede Donderdag in die landdroshof op Divundu verskyn en is borgtog geweier.
Hul saak is tot 14 Julie 2020 vir pleit- en verhoordoeleindes uitgestel.
Een wildmisdaadsaak is verlede Donderdag in die Rundu-landdroshof afgehandel toe Linyemune Ntjamba skuldig bevind is aan die onwettige besit van en handel in beheerde wildprodukte.
Hy is tot ’n boete van N$40 000 of drie jaar agter tralies gevonnis.
Ntjamba is op 8 September met een ietermagôvel in sy besit in hegtenis geneem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie