Fratsongeluk by speelpark eis 6-jarige
Tanja Bause
'n Fratsongeluk het Saterdag die lewe van 'n sesjarige seuntjie by 'n waterglybaan in Windhoek geëis.
Volgens mnr. Sean Naude van Namibian Marshall Rangers het die eienaars van Party Play World mond-tot-mond-asemhaling (CPR) toegepas, maar was dit was sonder welslae. Hy en sy span het ook tevergeefs probeer.
“'n Man het omstreeks 11:45 met familievriende se seun by die speelpark aangekom. Hulle het saam in die water gespeel voordat hulle na die braai-area gegaan het. Die man het met vriende gesels en was op sy foon besig toe hy besef die seun is nie meer by hom nie en het na hom begin soek. Dit was omtrent 13:30. Op daardie tydstip het 'n tiener die waterglybaan afgegly en het iets by sy voete opgemerk en begin skree.”
Volgens Naude het die eienaars en ander mense onmiddellik na die swembad aan die einde van die glybaan gehaas, die seun uitgehaal en met CPR begin. Hulle het vir hom gekontak en hy het na die toneel gehaas en die CPR oorgeneem, maar dit was tevergeefs.
“Ons weet nie vir hoe lank hy onder die water was nie en dit was 'n moeilike oomblik toe ons besef daar is niks meer wat ons vir hom kon doen nie,” het hy gesê.
“Mense los kinders sonder toesig en dan wil hulle die park blameer. Jy kan nie 'n toegangsfooi betaal en dan verwag ander mense moet na jou kinders kyk nie. 'n Groot bord is by die hek opgesit om te sê dat die ouers of voogde verantwoordelik vir hul kinders is. Hulle is verantwoordelik om na die kind te kyk veral as die kind in die water is. Niemand weet hoe lank hy onder die water was nie, omdat niemand hom opgepas het nie.”
Naude doen 'n beroep op alle ouers om te alle tye toesig oor hulle kinders te hou. “Aan die begin van die jaar het twee boeties in die munisipale swembad in Olympia verdrink. By die kus verdrink daar gereeld kinders veral oor die vakansietyd en mense moet verantwoordelikheid neem en hulle kinders oppas.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie