Frederick B. Philander Teaterpionier gesels
One Flew Over the Cuckoo’s Nest, die laaste van twee internasionale toneelstukke deur CAN (Committed Artists of Namibia), is vanaand vir die eerste keer by die Ultimate Teater in Windhoek op die planke.
Dit word elke aand tot Saterdag opgevoer.
Frederick B. Philander, regisseur van dié Amerikaanse toneelstuk (oorspronklik deur Dale Wasserman), het dit van ’n vyf uur lange opvoering tot 90 minute verkort. Hy vertolk ook die rol van Chief Bromden in die stuk.
Kollig het vandeesweek met die pionier van die plaaslike teaterbedryf gesels.
Indrukwekkende CV
Teater- en draaiboekskrywer, regisseur, skrywer, akteur en joernalis Frederick Brian Philander het ’n indrukwekkende CV.
Hy was onder meer onderwyser, dosent by die College of the Arts (Cota), het reeds vier draaiboeke vir rolprente geskryf en was regisseur van die rolprente Victims of love, Two Men and a Baby en The Child.
Hy het ook onder meer die afgelope 29 jaar alle toneelstukke van CAN geregisseer en uit sy pen het internasionaal erkende toneelstukke, King of the Dump en The Porridge Queen, gevloei. Onder sy gepubliseerder werke tel onder meer The Curse/Katutura ’59 en The Railway Man.
Hy is ook ’n kortverhaalskrywer, ’n televisie- en verhoogakteur en het onder meer in die SABC se Simon en Sandra verskyn, asook in Yoorst and Iyambo vir ’n Duitse televisiekanaal en Kauna’s Way deur Homebrewed Productions.
Hy is ’n bekende resensieskrywer en joernalis en ook betrokke by die organisering van onder meer die plaaslike Jeugteaterfees en verskeie ander amptelike liggame in die plaaslike vermaakbedryf.
Van Beaufort-Wes na Namibië
Frederick is in 1949 in Beaufort-Wes in Suid-Afrika gebore.
In 1969 het hy vir die eerste keer Namibië toe gekom.
“Ek het as ’n ‘bedding boy’ tydens die universiteitsvakansie op die trein gewerk en het die keuse gehad om op ’n opleidingsrit Namibië of Zimbabwe toe te gaan.
“Ek het geen verbintenis met Zimbabwe gehad nie en besluit ek wil Namibië toe kom. Die verbintenis hier was dat mense Afrikaans gepraat het. Ek wou hierheen kom om my Afrikaanse agtergrond te vergelyk.”
Sy werk op die trein het behels dat sekere passasierswaens aan hom toegestaan is. Hy moes die beddens opmaak en die waens skoonmaak.
“Ek het eers gedink dit is ’n vernederende werk, maar toe ek eers my eerste salaris ontvang, was ek so ingenome dat ek permanent op ’n trein wou werk. Jy het ook fooitjies ontvang.”
Hy het vir twee dae op die Windhoek-stasie oorgebly voordat hulle weer met die trein terug Kaap toe is.
Koerantman, bakkerybestuurder en onderwyser
Hy het in 1979 ’n pos by Die Joernaal in die destydse Suidwes-Afrika aanvaar en permanent na die land verhuis waar hy vir twee jaar lank ’n “koerantman” was.
Die Joernaal het egter voor onafhanklikheid toegemaak.
In Junie 1979 het hy aan sy eerste plaaslike toneelstuk deelgeneem – Adam Small se toneelstuk Jonie Galant-hulle wat oor die maatskaplike kwessies op die Kaapse Vlakte tydens die Apartheidsregime asook die hervestigingkwessie gegaan het.
“Dit het baie goed ingepas in my aanslag om kontemporêre teater te begin en dit was die eerste multi-rassige opvoering van ’n toneelstuk in Namibië. Dit was ’n groot sukses en is deur verskillende etniese groepe bygewoon – Duitsers, Afrikaners, Engelse, Kleurlinge en swartmense.
“Ek het gevoel dit was my bydrae om die pilare van die apartheidskultuur te breek. Dit het my tot hoër hoogtes aangespoor,” sê hy. Philander het later die toneelstuk in Engels vertaal onder die titel Eviction.
“Die aanvanklike rede hoekom ek besluit het om Namibië toe te kom, was omdat ek geïnspireer was deur die feit dat Namibië die langsoorlewende kolonie sou wees om vry van kolonialisme te word. Ek wou deel van die ervaring wees.
“Ná twee jaar sê die koerant toe vir ons die koerant sal nou vir ’n laaste keer verskyn en ons moet vir ons ander ‘jobs’ soek.
“Ek kry toe by vriende van my ’n pos as bakkerybestuurder. Wat my besiel het! Dit was egter ‘nood leer bid’; ek het ‘om ten brode’ gegaan. Ek het ’n gesin gehad van drie seuns en ’n vrou om te onderhou.
“Ek het darem ’n huis gehad en my vrou was ’n verpleegster by die Khomasdal-kliniek.”
Philander het vir sowat ses maande by die bakkery gewerk.
“Ek het nie geweet wat de hel ek doen nie. Ek gaan sluit soggens vieruur die plek oop, dan bak hulle brood en dan gaan slaap ek weer tot elfuur. Dan ry ek brood winkels toe.
“Ek het nie geweet wat ek doen nie, maar dit het my deur daardie tyd gehelp.”
Philander het toe gehoor van ’n nuwe skool wat in Katutura begin en sy onderwyskwalifikasie by die destydse skoolhoof, Charles Jansen, ingedien. Dit was in 1982.
“Hulle het my altyd as koerantman en bakkerybestuurder geken; skielik wil ek onderwyser wees. Ek sê toe vir hom maar hier is my ‘papiere’.”
Hy kry toe ook die pos.
“My vrou dog nog ek werk by die bakkery. Sy maak my vieruur wakker om te sê ek moet die bakkery gaan oopsluit. Ek sê vir haar ek is siek, ek gaan dit nie vanoggend doen nie. Agtuur se kant sien sy ek het my pak aan.
“Sy vra my waarheen gaan jy, want Kleurlinge gaan trek net ’n pak klere aan as in hulle in die hof vir goed soos ’non-support’ verskyn. Ek sê nee, ek gaan loop skoolhou.
“Toe val sy amper op haar rug, want ek het dit heeltyd vir haar stilgehou.”
Jeugteater begin
Dit is waar Philander se betrokkenheid in jeugteater begin het.
Hy het die kinders aanmoedig en hulle was baie gewillig.
“Toe ek hulle later vra of hulle in die tipe ding belang stel, toe het die hele ‘bleddie’ klas se hande opgegaan.
“So het ek met talentvolle kinders begin wat geen ervaring gehad het nie. Vandag nog is van daardie kinders bekendes in die teaterbedryf – mense soos David Ndjavera en Norman Job. Dis mense wat ek geleenthede gegee het en die res is ‘history’.”
Philander het ook ’n jeugteatergroep genaamd Serpent Spelers op die been gebring met onder meer Robert, John en Siena Isaacs.
Die groep was die eerste nie-blanke teatergroep in Namibië en Suid-Afrika om die ATKV-streekskompetisie en ’n tweede plek in die finale te wen.
“Dit was ’n trotse oomblik.
“Ons het ’n lansie gebreek en vir hulle gewys ons is dit werd om ná onafhanklikheid teen hulle in Suid-Afrika te kompeteer.
“Dit was vir my ’n groot prestasie dat ek met die rou talent van die kinders kon werk. Hulle passie het my inspireer.”
Philander het in 1996 ’n prys vir die teaterproduksie King of the Dump gewen en is as die BBC se amptelike inskrywing vir die New York Internasionale Radiodramafees gebruik. Frederick het self sy prys in New York ontvang en dit was ook sy eerste keer oorsee.
‘Botsing’
Frederick sê Namibië het hom baie geleer en hy was baie keer “in botsings met die bestaande orde”.
“Toe ek uit Suid-Afrika hierheen gekom het, het ek gedink hier sal ’n tipe ‘verligte era’ betree wees, maar besef dit is toe nog net so rassisties soos dit in Suid-Afrika was.”
Frederick verwys na sy verhouding met Hannes Horne wat onder meer direkteur van die destydse Suidwes-Afrika Raad vir die Uitvoerende Kunste (Swaruk) was. “Ek het gesê sy teater voorsien nie in die aspirasies en hoop van al die mense in die land nie. Daaroor het ek later ‘persona non grata’ by die teater geraak,” vertel hy.
“Ek het my aktiwiteite na Khomasdal verskuif, maar voor onafhanklikheid is daar politieke druk op Horne geplaas en hy moes ’n ander aanslag kry. Hy het ’n raad van tien mense bymekaargebring en daar moes ook nie-blankes op die raad wees. In weerwil van ons gevoelens teenoor mekaar, het hy gesê ons moet die strydbyl begrawe.
“Hy wou dit nie in die hande van die nuwe demokratiese regering laat val nie en toe het hy my en twee Herero-sprekendes genader om op die raad te dien. Dit is as ’n artikel-maatskappy geregistreer. Ek was dus ook ’n stigtersdirekteur van die Nasionale Teater van Namibië (NTN). Sowat ’n jaar later het hy ’n toneelstuk, Bacchus in die Boland, die lig laat sien. Ek het die hoofrol gekry en vir die eerste keer was dit ’n multi-rassige toneelspan. Dit het my hoop vir die toekoms gegee.”
Philander sê hy het sterk ingetree vir die totstandkoming van sosiale en ekonomiese kulturele inslag-teater.
“My toneelstukke was ‘exposés’ van ons politieke en etniese probleme. Ek het met my toneelstukke dit aan die kaak probeer stel.
“Ek is baie gekritiseer en Swapo het eenmaal gedink ek het ’n Swapo-toneelstuk geskryf, wat nie so bedoel was nie. Ek het egter voortgegaan.”
Philander het ook ’n toneelstuk genaamd The Beauty Contest geskryf, wat ’n ommeswaai in die teatergemeenskap gebring het, want dit was ’n “half-naak” stuk met hom en sy vrou, wat toe sy meisie was.
“Dit het gehandel oor die uitbuiting van jong vroue in ‘beauty pageants’. Ek het dit in die aangebied in die opset van ’n klein dorpie, waar ’n fotograaf aktief in die skoonheidskompetisie betrokke is en ’n uitermate oorgewig vrou dit wen – iets wat die fotograaf nie verwag het nie.
“Hy het ’n paar kaalfoto’s van haar geneem en sy ontdek toe later hy het dit aan die posmeester en al wat leef en beef verkoop. Dan neem sy wraak en neem ook naakfoto’s van hom.
“Die toneelstuk het opspraak verwek.
“Ek het dit vir ’n week lank in die Warehouse Teater laat hardloop en onder andere politici het ingesluip en gehoop niemand sien hulle raak nie. Die volgende week het die bom ontplof en was daar groot kritiek oor die ’nudity’ gewees.
“Ek het net gesê ek lag al die pad bank toe en die teater was elke aand vol. Ek het dit Grahamstown toe geneem en vyf optredes gedoen. Ek het dit vir drie jaar gedoen – die blote verskyning van die naam in die program het toestromings van mense veroorsaak.
“Hulle was mal daaroor – selfs groot TV-sterre soos onder andere Steve Hofmeyr het dit kom kyk. Ek het dié goeie resensies van daar in die plaaslike koerante gepubliseer en mense het besef hulle moenie met my sukkel nie - ek is op die regte spoor.”
Frederick is tans besig om aan nóg ’n boek, getiteld A hard theatre ride – an autobiography, te skryf. Hy het al verskeie boeke gepubliseer waaronder The Namibian Theatre Movement, Original African Screenplays, The Namibian Stage Chronicles, Prejudice, King of the Dump and other plays en The African Monologues.
“My boeke word opgeraap deur die biblioteke van die Politegnikum van Namibië en Unam asook die Amerikaanse Kongresbiblioteek en biblioteke in Europa en selfs Rusland. My boeke is in aanvraag, al is dit nie noodwendig plaaslik die geval nie.”
Passie vir teater is inherent
Frederick sê die passie vir teater is inherent en deel van sy grootwordjare.
“Ek in ’n kloustrofobiese apartheidstelsel grootgeword in ’n buurt waar armoede oorheers het.
“As kinders is ons gedwing om sekere dinge te doen. Dit was ondernemende maniere om te oorleef. Ek en my vriende sou byvoorbeeld onsself soos meisiekinders vermom. Daar was meer simpatie as meisiekinders van huis-tot-huis geloop en bedel het. Ons het onsself opgemaak en lekker vetkoeke en skaapderms by die spoorwegwerkers gekry. Ons het gewoonlik daaroor geskaterlag.
“My pa was die ‘township’ poliesman. Toe het hulle uitgevind dis sy kind wat die mense ore aansit en dan het ek weer ’n blêddie pak slae gekry!”
Frederick het in standerd twee sy eerste toneelstuk geskryf. Dit was ’n tien minute lange stuk van sewe bladsye – ’n “Afrikaanse aanval” op die stelsel waarin hy homself in die buurt bevind het en hoe hulle daarna gestreef het om uit te breek. Dit het vir hom tot sosiale bewuswording gely.
“Ons het die ding ook suksesvol opgevoer – tot groot vermaak van die meisiekinders in die buurt wat die ‘konsert’ en die ‘filmsterre’ kom kyk het. My onderwyseres het my aangemoedig en gesê sy sien die draad van ‘letterkundige skrywe’ in my.
“Ek was so opgewonde dat ek huis toe na my ma en pa gehardloop het. Hulle sê toe vir my, daai’s nie werk nie, jy moet loop leer! Deurmekaar met sulke goed, wat weet jy in standerd twee? Ek sê toe dis die juffrou wat so gesê het.”
Frederick se belangstelling in uitvoerende kunste het van daar gegroei en in standerd vyf het hy ’n narratiewe rol in ’n toneelstuk gekry.
“Ek was die ‘hoofprater’. Ek het ’n klapperhaar snor gehad wat met Sellotape vasgeplak was. Die snor het al hoe skuinser gehang, hoe verder die toneelstuk gevorder het. Dit was so ’n koddige ‘scene’ dat ek ’n staande toejuiging gekry het omdat ek dwarsdeur bly praat het.”
Op hoërskool vaar Philander baie goed in Afrikaans en sy standerd nege-onderwyser daag hom toe uit om F.A. Venter se novelle Swart Pelgrim in ’n toneelstuk te omskep. Die onderwyser was vriende met ’n laerskoolonderwyser van Philander, wat gesê het die hoërskoolonderwyser moet hom uitdaag.
Hy het die uitdaging aanvaar en die toneelstuk is opgevoer. Die skoolkinders het almal kom kyk en daar is genoeg geld gemaak om vir Philander se standerd se matriekafskeid te betaal.
In 1967 gaan hy kollege toe, waar hy ’n oudisie vir die toneelstuk Die rooi duiwel deur Dirk Richard gedoen het en die rol van ’n “no-nonsense" prokureur vertolk het. Hy vertel die koerante het baie positiewe resensies daaroor geskryf.
Gesin
“Ek kom uit ’n gesin waar musiek hoog aangeslaan was.
“Ons het as kinders Vrydagaande die gesin met musiek vermaak – my een suster op die ‘piano’. As my pa ‘ge-dop’ was, het hy baie sentimentele liedjies gesing.
“Ek het nooit besef ek kon sing nie, totdat ek in my toneelstuk in Engeland, The Railway Man, so twee liedjies gesing het en ek staande toejuigings gekry het. Ek het later in Namibië ook ’n sangrol gekry, maar kleinkoppie getrek toe ek sien dis bladmusiek, waarvan ek niks weet nie. Dit was ’n sluimerende talent.”
As volwassene het Philander se toneelstuk Koning van die Ashoop saam met Unity Olivier in 1985 die toekenning vir beste toneelstuk in die Kaap gewen - hy het die toekenning vir beste akteur gekry en sy vir beste aktrise. Dis waar Philander besluit het die toneelstuk moet in Engels vertaal word en hy King of the Dump geskryf het.
Hy het dit toe ook Grahamstown toe geneem, maar Unity kon nie meer deel wees van die toneelstuk nie. Dis toe dat Felicity Celento haar plek inneem en naderhand sy vrou geword het.
“Ek en my vrou is eintlik geesgenote.
“Ons het vir tien jaar aktief aan teater deelgeneem en sy het in al my produksies deelgeneem. Die liefde het geblom en toe is ons dogter Zenlia gebore. Sy was ses jaar oud toe ons eindelik getrou het. My ‘baba’ Zabeth het intussen bygekom.”
Zenlia het twee jaar gelede as 16-jarige in haar eerste vollengte toneelstuk, Valley Song (deur Athol Fugard), die rol van Veronica gespeel. Verlede jaar het Zabeth ook die eerste keer op die verhoog gespeel.
“Zenlia oorweeg om van volgende jaar by teater betrokke te raak en ek dink die teatergogga het my ‘baba’ reeds gebyt. Ons is ’n teatergesin en daar is nie baie sulke gevalle waar almal in teater betrokke is nie. Ek is baie trots op my gesin.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie