Frustrasie met slakkepos
JA ROSSOUW SKRYF:
Ek verwys na ’n boodskap in “Praat Saam” van 6 Augustus en die reaksie van die segsman van NamPost op bladsy 2 van die Republikein van 9 deser: “Agterstallige pos glo nie NamPost se skuld nie.”
Op 18 Maart vanjaar het ek berig ontvang dat my suster terminaal siek is en het ek in der haas na Kaapstad gegaan om haar by te staan. Toe ek teruggekom het, het sy my meegedeel dat ons posbus gesluit is, en by navraag is aan haar gesê dit is omdat ons nie die huur van die posbus vir 2019 betaal het nie.
Ek het die rekening en die kwitansie as bewys van die betaling geneem en gevra dat my posbus oopgemaak moes word. Dis tot op datum nie gedoen nie.
Sou ek nie die huur verlede September betaal het nie, moes NamPost die posbus aan die einde van Oktober verlede jaar reeds gesluit het, en nie eers ses maande later aan die einde van Maart 2019 nie.
Hierna het die beamptes by die plaaslike poskantoor ’n ander deuntjie begin sing. Hulle het beweer dat ek die slot gebreek het. Hoe ek die slot kon breek terwyl ek in die Kaap was, is onbegryplik. Die sleutel wat ek vir die afgelope 20 jaar gebruik en waarmee ek die slot sou gebreek het, het ek verskeie kere aan hulle gewys. Die sleutel is onbeskadig. Hierop kon hulle my nie antwoord nie.
By ’n ander geleentheid wou die toonbankbeamptes hê ek moes N$10 betaal toe ek my pos gevra het. Later is gesê hulle sal 'n nuwe slot insit as ek altwee die posbussleutels vir hulle gee.
Ek weier. NamPost het in die eerste plek my posbus gesluit omdat ek nie die huur sou betaal het nie.
Op 20 Mei 2019 het ek ’n brief aan die hoofbestuurder van NamPost gerig en my saak gestel. Die brief is in Windhoek by die hoofposkantoor gepos. ’n Week later is ’n duplikaat ook daar gepos en tot op hede, 13 Augustus, is daar geen terugvoering gegee nie.
My posbus is na vyf maande steeds gesluit!
Weens e-pos en selfone het posbusse in onbruik verval. Die huur kos iets ysliks. In 1985 was dit N$10 per jaar, in 2000 N$78, in 2002 N$103,50, in 2019 N$370 en vir 2020 gaan dit seker N$400 wees?
Ek is ’n oud-staatsamptenaar en die grootste gedeelte van my pensioen kom van Suid-Afrika. Jaarliks moet ek ’n lewensverifikasievorm voltooi en voor die einde van Augustus terugstuur. Vir 2018 is die vorm reeds op 7 April aan my gepos, maar dit het my eers op 7 November bereik. Hoe oorleef jy en jou gesin as jou pensioen nie betyds betaal word nie?
Op 10 April 2011 het ek ’n brief aan die hoofbestuurder: poswese gerig waarop hy op 11 Mei 2011 reageer het. Die rede was dat ek ’n inkomstebelastingaanslag uit Otjiwarongo drie maande na die sperdatum vir betaling ontvang het. Die boete was toe reeds meer as die bedrag aangeslaan.
Ek het versoek dat NamPost briewe wat hulle ontvang aanvanklik op die seël of langs die amptelike stempel van die betrokke ministerie moes stempel en daarna moes elke poskantoor wat dit hanteer die betrokke koevert agterop van links na regs stempel. Hierdeur kan die spoor van ’n posstuk gevat word en bepaal word waar die vertraging was.
Die antwoord op my brief was baie positief, ek haal dit aan: “Ek verwys na u skrywe gedateer 10 April 2011. Neem asseblief kennis dat ons u voorstel waardeer en sal toesien dat die betrokke poskantore gewaarsku sal word oor hulle nalatigheid en dit altyd implementeer. Wees ook ingelig dat dit sal toegesien word dat alle poskantore alle posstukke duidelik sal stempel."
Van hierdie belofte het niks gekom nie. U kan self getuig van ongestempelde posstukke wat u daagliks ontvang.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie