Frylinck blink; kusspan sink

Krieket
Andrew Poolman
Andrew Poolman – Ondanks sy tuisvoordeel het Samsung Wanderers se krieketspan Saterdag al die ondervinding en veelsydigheid van Jan Frylinck nodig gehad om teen Trustco United die knoop deur te haak.

Nicolaas Scholtz en sy manne bly die enigste onoorwonne span in Krieket Namibië se premierliga vir 50-boulbeurtkrieket, maar moes nogal grawe om die Filistyne uiteindelik met twee paaltjies te klop.

United is op 'n ietwat nukkerige kolfblad vir 166 lopies uitgeboul, 'n totaal wat sonder die vennootskap om die tiende paaltjie nie so kompeterend sou wees nie. Paaltjiewagter Janlu Steenkamp (31 van 55 balle, 2x4) en Damon Coetzee (15 van 25 balle 1x4) het hulle as nommer 10 en 11 teëgesit toe hulle op 121/9 bymekaar gekom het.

Frylinck se drie paaltjies vir 27 in nege boulbeurte het begin toe hy United se aanvangskolwers Shaun Fouché (10) en Adam Bassingth­waighte (6) beide agter die paaltjies deur Gerhard Lotter laat uitvang het. Lotter het later ook met vangskote van Hendrik van der Walt (20) en Chris Freeman (8) ontslae geraak.

In Wanderers se kolfbeurt was Niko Davin (14) en JC Balt (4) die eerstes wat moes terugstap.

JJ Smit het in een boulbeurt 24 lopies (drie viere, twee sesse) van United se nasionale aanwins Michael van Lingen gemoker, maar twee boulbeurte later het Smit 'n aflewering van United se kaptein Lo-han Louwrens in die lug geslaan en is deur die bouler uitgevang vir 34 van 17 balle (4x4 2x6).

Louwrens het met 'n dubbele hou getref toe Karl Birkenstock in dieselfde boulbeurt moes stap (agter die penne gevang deur Janlu Steenkamp vir 21 van 38 balle, 2x4).

Wanderers se redder was Jan Frylinck met 'n aanskoulike, dog berekende vyftigtal (51 van 57 balle, 6x4). Hoewel Wanderers uiteindelik agt paaltjies verloor het, het die tuisspan darem wel die wentelling van 167/8 behaal.

Nadat Van Lingen se eerste ses boulbeurte hom 50 lopies gekos het, kon hy in sy tweede boulskof regruk om met 2/59 in 9 te eindig. Louwrens se draaiers was op die dag meer doeltreffend (3/18 in 5.1).



TIGERS VERNIETIG KUSSPAN

Die 24/7 Welwitschia-span het baie om oor na te dink ná hul nederlaag met 11 lopies op hul tuisveld in Walvisbaai teen die CCD Tigers.

Die Windhoekers het Norbert Manyande (0) en Wayne Raw (1) vroeg verloor, maar die volgende drietal nasionale spelers Stephen Baard (39 van 44 balle, 3x4 2x6), Nicol Loftie-Eaton (47 van 57 balle, 3x4 2x6) en kaptein Pikky ya France (41 van 49 balle, 4x4 2x6) het met vryheid gespeel.

Hoewel die later kolwers misluk het (170 almal uit in 38 boulbeurte), sou die kusspan hierna nog vrotter vaar met 59 almal uit. Hiervan het Walter Fokkens as aanvangskolwer 'n vegtende 25 (64 balle, 2x4 1x6) aangeteken.

Jaco le Roux (3/33 in 10) en John-Erich Thierauch (1/30 in 10) was Welwitschia se mees ekonomiese boulers.

CCD Tigers het net drie boulers nodig gehad – Mauritius Ngupita met 'n puik 5/31 in 10; Ben Shikongo (1/11 in 5) en Nicol Loftie-Eaton (2/16 in 5.1).

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!