FW het baie boekmerke in SA geskiedenis
FW het baie boekmerke in SA geskiedenis

FW het baie boekmerke in SA geskiedenis

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer – Terwyl huldeblyke gister in Suid-Afrika vir ontslape oudpres. FW de Klerk ingestroom het, is hy ook in Namibië deur tydgenote gehuldig.

“Moeilike besluite moes destyds oor die toekoms van Suid-Afrika geneem word. Hy het besef apartheid was nie die toekoms nie en hy het toegewings gemaak wat vir hom en die mense wat hom daarmee gehelp het, ’n Nobelvredesprys besorg het. Dít is sy nalatenskap.”

Só het mnr. Nahas Angula, voormalige eerste minister en veteraan-politikus, gister gesê.

De Klerk is gisteroggend in die ouderdom van 85 jaar in sy huis in Fresnaye, Kaapstad, dood.

Mnr. Dave Steward, voorsitter van die FW de Klerk-stigting, het sy dood aan die media bevestig en gesê hy het sy stryd teen longvlieskanker (mesotelioom) verloor.

Angula sê jonger generasies moet uit die geskiedenis van Suid-Afrika leer. “Mag die mense van Suid-Afrika aanhou om mekaar aan te moedig om toegewings te maak en die nasie te bou,” was sy woorde toe hy om kommentaar genader is.

Dr. Riaan Eksteen, Suid-Afrika se eerste ambassadeur in Namibië ná onafhanklikwording, sê “die epogmakende gebeure van 2 Februarie en die daaropvolgende vrylating van mnr. Nelson Mandela het grondverskuiwende gevolge vir Suid-Afrika ingehou”.

“De Klerk het baie boekmerke in die Suid-Afrikaanse geskiedenis nagelaat,” sê Eksteen.

“Wat hy en mnr. Mandela wou bereik en waarna hulle gestreef het, was om ’n ordelike demokratiese bestel met verantwoordelike bestuur en verantwoordbaarheid daar te stel.

“Die tragiese is dat dit wat nou in Suid-Afrika beleef word, nie dit is waarna hy en mnr. Mandela destyds gestreef het nie,” meen Eksteen.

“Ek het hom vanaf 1974 in verskeie hoedanighede geken en ek is hom altyd dank verskuldig dat die kabinet in 1989 onder sy voorsitterskap my aanstelling as ambassadeur in Windhoek goedgekeur het,” het hy gister gesê.

Pres. Cyril Ramaphosa het in ’n verklaring gesê De Klerk het ’n belangrike rol gespeel om demokrasie in Suid-Afrika te vestig. “Hy het die dapper besluit geneem om politieke partye te ontban, politieke gevangenes vry te laat en met die bevrydingsbeweging in onderhandelinge te tree te midde van erge druk van baie mense om dit nie te doen nie,” het hy gesê.

Netwerk24 berig aartsbiskop Desmond Tutu en sy vrou, Leah, het in ’n verklaring meegevoel met sy familie betuig en gesê De Klerk het ‘n geskiedkundige, maar moeilike ruimte in Suid-Afrika gevul. “Op ’n tyd toe nie al sy kollegas die pad vorentoe op dieselfde manier kon sien nie, het hy die oomblik vir verandering aangegryp en tot aksie oorgegaan,” het hulle gesê.

De Klerk word oorleef deur sy vrou, Elita, sy kinders Jan en Susan, en sy kleinkinders. Begrafnisreëlings sal later bekend gemaak word. [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!