Fyn korrel kan pad na Japan oopmaak
Fyn korrel kan pad na Japan oopmaak

Fyn korrel kan pad na Japan oopmaak

Afrigter Frank Reddig glo in beide die Namibiese skutters se kanse.
Tielman van Lill
Tielman van Lill - Die 17-jarige Quinn Reddig van Tsumeb het gister saam met Adriaan Grobler in Rabat, Marokko, aan die kwalifiserende ronde by die Afrika-Spele deelgeneem.

Beide Reddig en Grobler het met 'n totaal van 72 pyle elk aan die terugbuigboogafdeling (recurve) oor 70 meter vir senior mans en vroue deelgeneem.

Reddig het eerste by die vroue met 629 punte geëindig en Grobler negende by die mans met 602.

Beide word as sterk kandidate gereken om vir die 2020 Olimpiese Spele in Tokio, Japan, te kwalifiseer en sal vandag weer in aksie wees.

Omrede Reddig eerste in haar groep geëindig het, het sy 'n loslootjie in die ronde van 16 gekry en sal eers in die kwarteindronde weer teen óf Ghana óf Guinee stelling inneem.

Grobler sal egter sy man in die ronde van 16 moet staan. Hy en Reddig het ook in die gemengde spankompetisie welslae behaal en sal in die kwarteindronde teen die wenner tussen Suid-Afrika en Kenia pyl trek.

Frank Reddig, hoofafrigter van die duo, sê alles was nie net maanskyn en rose vir Quinn nie.

“Alles hier is pragtig en dit is seker een van die mooiste bane wat ons nog op geskiet het. Die dag het bietjie moeilik vir Quinn begin wat konstant die tweede posisie beklee het. Maar met die laaste drie rondes het sy werklik uitgehaal en gewys om 'n persoonlike beste van 629 punte te behaal wat aan haar die eerste plek besorg het.

“Ek hoop haar topposisie (gister) sal aan haar 'n sielkundige hupstoot gee wat natuurlik haar medaljekanse kan verbeter.

“Adriaan het bietjie gesukkel en was negende. Hy is nog steeds goed geplaas en ek glo hy sal (vandag) reg wees, want ek weet hy kan steeds na die volgende ronde vorder en onder die voorste vyf eindig.

“Quinn en Adriaan is ons groot hoop om vir Namibië 'n goue medalje en vliegtuigkaartjies na Tokio vir die gemengde spankompetisie te bespreek. As hulle wen, kwalifiseer ons vir die Olimpiese Spele en dit sal werklik 'n topprestasie vir hulle en vir die land wees,” het Reddig aan Republikein gesê.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!