Fynskrif maak reg vir tweede seisoen
Fynskrif maak reg vir tweede seisoen

Fynskrif maak reg vir tweede seisoen

Lloyd Zandberg
Aanhangers van kykNET se gewilde dramareeks Fynskrif sal verheug wees om te hoor ‘n tweede seisoen is op pad.

Dié reeks wentel om die regsfirma Van Wyk & Vennote.

In elk van die 13 episodes het die prokureurs ’n saak wat hulle tussendeur persoonlike en familiedramas moet hanteer.

Van Suid-Afrika se bekendste akteurs, wat Neels van Jaarsveld, Tinarie van Wyk Loots, Cintaine Schutte, Jacques Bessenger en Kim Cloete insluit, het ‘n rol in die eerste seisoen vertolk.

Van die eerste episode af het kykNET-kykers net positiewe kommentaar oor die reeks op sosiale media gelewer.

Joachim Jaco Naude sê: “Klaar verslaaf. Kan nie wag vir volgende week nie, dankie kyknet vir kwaliteit programme deesdae.”

Wilma Schutte sê: “Lyk na ’n uitstekende program! Kan nie wag vir volgende week nie.”

Lize Myburgh sê: “Ek kan sommer sien my volgende 12 weke se Dinsdagaande is uitgeboek vir kanaal 144. . . klaar verslaaf. . . dankie, kykNET! Die eerste episode het my klaar 'gehook'!”

Keith de Bruyn sê: “Sien uit na al die intriges, uitstekende span akteurs. Sal weer Dinsdagaande vasgenael voor my televisie sit.”

Van kinders wat by geboorte omgeruil is en genadedood, tot ‘n aanrandingseis en een van die manlike karakters wat borskanker kry – die reeks het kykers vasgenael gehou en Dinsdagaande (wanneer die reeks uitgesaai is) kon nie vinnig genoeg kom nie.

Die laaste episode van die eerste seisoen het skaars geeïndig toe kykNET oorval is deur boodskappe van kykers wat smeek vir ‘n tweede reeks.

Hannetjie Jordaan sê: “Ek hoop regtig nie dit is die laaste sien van Fynskrif nie. Ek het dit werklik geniet! Dankie! Opvolg asseblief!”

Melissa Bezuidenhout sê: “WOW WOW WOW!! ’n Bevange reeks. . . bitter spyt dis nou klaar. Daar beter ’n 2de, 3de, 4de en nog baie meer wees!!”

Daleen Coleman sê: “Puik reeks. Val in almal se smaak. Puik akteurs. Geluk, julle! Nog ’n reeks, asseblief.”

Gerhard Painter sê: “Van die beste reekse tot nog toe! Hoop daar's spoedig ’n opvolg!!”

Wel, kykers het gevra en kykNET het geluister – die Fynskrif­-span is besig om aan die tweede seisoen te skryf.

“Ek en Albert was oorweldig deur die reaksie op die reeks en dit is vir ons ’n voorreg om voort te gaan met die stories van al die prokureurs by Van Wyk en Vennote,” vertel Louis Pretorius, een van Fynskrif se vervaardigers.

“In die tweede seisoen hang die praktyk se toekoms aan ’n draadjie en word almal onder geweldige druk geplaas. Daar is egter ook baie om na uit te sien oor hoe die verskillende verhoudings ontwikkel en, soos altyd, ’n paar interessante sake.”

Aanhangers sal nog ‘n ruk moet wag vir die tweede seisoen, maar intussen is die eerste seisoen op Showmax beskikbaar vir diegene wat dit gemis het of wat dit graag weer wil kyk.

Hou Kollig dop vir nuus oor die tweede seisoen.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!