G20-beraad: China maan oor proteksionisme
Groter handelsvryheid en globalisering op agenda
Die internasionale ekonomie word deur toenemende proteksionisme en die gevare van 'n skuldbelaaide finansiële mark bedreig, het die pres. Xi Jinping van China, op die openingsplegtigheid van die G20-nasies se leiersberaad gesê.
Die waarskuwing Sondag volg ná gesprekke met Barack Obama, wat die Amerikaanse president as “baie produktief” beskryf het, maar wat die twee lande nie nader aan mekaar kon bring oor moeilike onderwerpe soos die spanning oor die Suidsee-eilande nie.
Die spitsberaad is die eerste nadat die Britte in Junie gestem het om die Europese Unie (EU) te verlaat en is net voor die Amerikaanse presidensiële verkiesing in November.
Waarnemers sê hulle verwag dat die G20-leiers vir groter handelsvryheid en globalisering gaan baklei.
Die internasionale ekonomie is nou “op ’n kritieke tydstip’’, het Xi gesê, in ’n verwysing na die trae vraag, wisselvallige finansiële markte, swak handel en beleggings.
“Die aandrywers van groei uit die vorige ronde van tegnologiese vooruitgang vervaag, terwyl ’n volgende tegnologie- en nywerheidsrevolusie nog besig is om momentum te kry,” sê hy.
G20-lande gaan na verwagting in ’n communique aan die einde van die spitsberaad ooreenstem dat elke beleidsmaatreël insluitende monetêre, fiskale en strukturele hervorming gebruik moet word om ekonomiese groei volhoubaar te maak, sê Koichi Hagiuda, adjunk-hoofsekretaris van Japan se kabinet.
“’n Verbintenis sal gemaak word om al drie beleidsinstrumente te gebruik om ekonomiese groei te bereik,” het Hagiuda aan die media by die beraad gesê.
Xi het gemaan dat die G20 nie net ’n gepraat moet wees nie.
Koppe stamp
Daar is ’n paar leiers wat strydlyne oor kwessies soos handel-, belegging- en belastingbeleid getrek het.
Xi het Sondag met Malcolm Turnbull, die Australiese eerste minister gesprekke gevoer en gesê hy hoop Australië sal voortgaan om billike, deursigtige en voorspelbare beleidsomgewing vir buitelandse beleggers te skep.
China is vies vir Australië wat in Augustus ’n transaksie geblok het met Chinese kopers wat die land se grootste kragnetwerk vir $7,7 miljard wou koop. Vroeër is ’n transaksie ook gekeer van ’n konsortium wat deur Chinese beleggers gelei is wat die beesmaatskappy Kidman & Co wou koop.
China het Australië beskuldig van proteksionisme.
Intussen sê Jean-Claude Juncker, president van die Europese Kommissie, China moet meganismes instel om die probleem met nywerheidsoorkapasiteit die hoof te bied. Juncker sê dit is “onaanvaarbaar” dat die Europese staalbedryf soveel werkgeleenthede in die afgelope jare verloor het.
“Oorkapasiteit is ’n internasionale probleem maar daar is ’n spesifieke Chinese element daarin te bespeur,” sê hy.
Brittanje se toekoms nadat hy die EU verlaat, is ook die onderwerp van bespreking.
Obama het die Britse eerste minister Theresa May gerusgestel dat die VSA die land sal bly ondersteun. Hy het egter nie weggeskram van sy siening dat Brexit ’n fout was en dat Londen nie tot voor in die ry sal kan spring vir ’n bilaterale handelsooreenkoms nie.
Obama se bespreking met Xi het Saterdag begin en tot laat in die nag geduur.
Hy het die land aangemoedig om by sy regsverpligtinge te bly oor die Suidsee-gebied en het Amerika se verbintenis aan bondgenote in die streek beklemtoon.
Xi het gesê China sal voortgaan om sy soewereine en maritieme regte in die gebied te beskerm.
China is egter gretig om die spitsberaad se fokus op ekonomiese kwessies te hou en te keer dat ander dispute dit oorskadu. Netwerk24/Bloomberg.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie