G20-beraad skop môre af
Verskille oor oorloë, klimaatsverandering en wêreldhandel is onder meer op die onderhandelingstafel.
Leiers van die wêreld se topekonomieë gaan môre in Hamburg, Duitsland, vir die "mees stormagtige G20-beraad in jare" bymekaarkom.
Brandpunte en dispute wat wissel van oorloë tot klimaatsverandering en wêreldhandel sal tydens die beraad van 7 tot 8 Julie bespreek word.
Noord-Korea se eerste suksesvolle interkontinentale ballistiese missieltoets Dinsdag sal moontlik alle ander diplomatieke en handelskwessies oorskadu.
Dit is 'n klap in pres. Donald Trump se gesig.
Hy het tot dusver nie daarin geslaag om China om te praat om sy buurman vas te vat nie.
KLIMAATSVERANDERING
As president van die G20 is klimaatsverandering vir Duitsland ’n prioriteit.
Hulle het gehoop die wêreld se groot nywerheids- en opkomende ekonomieë sou hulself verbind tot die implementering van die Parysverdrag. Trump het hierdie hoop laat vervaag nadat Amerika, die wêreld se tweede grootste sondaar van uitlaatgasse, vroeg in Junie aan die verdrag onttrek het.
Angela Merkel, Duitse kanselier, het ná Trump se aankondiging erken sy het "geweet ons kan verwag dat besprekings nie maklik gaan wees nie".
Sy en Europese geallieerdes het belowe om die klimaatsverdrag by die beraad te verdedig.
Wat wêreldhandel betref, het Trump gesê hy volg "twee eenvoudige reëls: Koop Amerikaans en huur Amerikaans".
Dit het hom in stryd gebring met baie Amerikaanse handelsvennote, waaronder die uitvoerreuse Duitsland en China. Trump het hulle gekritiseer oor hul massiewe handelsoorskotte.
Sy dreigemente kan binnekort uitgevoer word, aangesien Washington glo voorberei om strawwe tariewe op staalinvoere te hef - iets wat G20-uitvoerders graag wil afweer.
RUSLAND
Met beskuldigings van Russiese inmenging in die Amerikaanse verkiesing en kontak tussen Trump se senior amptenare en president Vladimir Poetin se manne, sal die verwarrende verhouding tussen die twee noukeurig ondersoek word wanneer hulle Vrydag vir die eerste keer van aangesig tot aangesig ontmoet.
Die twee leiers staan voor 'n verskeidenheid omstrede buitelandse beleidskwessies - van dié oor Sirië en die Oekraïne tot die oor Noord-Korea.
Trump is taai oor Rusland se bondgenoot Sirië, terwyl Washington se besluit om sanksies oor die konflik in die Oekraïne te versterk, Rusland gegrief het.
Nóg iets om dop te hou, is Trump se besprekings met China se president, Xi Jinping - veral nadat Trump Beijing daarvan beskuldig het dat China nie genoeg doen om Noord-Korea vas te vat nie.
Trump het Beijing verlede week uitgelok toe hy 'n wapenhandelsooreenkoms van US$1,3 miljard met Taiwan goedgekeur het en toe 'n Amerikaanse oorlogskip boonop naby aan 'n eiland gevaar het wat deur China, Taiwan en Viëtnam as hul eie beskou word.
Merkel het boonop nie toestemming aan Turkye se president Recep Tayyip Erdogan gegee om etniese Turke op die kantlyn van die beraad toe te spreek nie - wat betrekkinge tussen Berlyn en Ankara meer wankelrig maak.
PROTESOPTOGTE
Buite die konferensiesale maak sowat 10 000 aktiviste hulle gereed om aan optogte deel te neem. Duitsland het sowat 20 000 offisiere in die land ontplooi. Owerhede het ook optogte in die stad tydens die beraad verbied en betogers gekeer om uit te kamp.
Verlinkse aktiviste kla oor dié maatreëls en sê die stad is in 'n "fort" verander.
Hulle sê hulle beplan steeds om die beraad te ontwrig. - News24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie