Gaan druk op Siya Kolisi sy tol eis?
Rugby
As jy 'n Suid-Afrikaanse rugbyondersteuner en op Twitter is, is jou “Top Trend” waarskynlik Siya Kolisi.
Almal soek 'n stukkie van Siya en die Springbok-kaptein bestee sedert die verowering van die Wêreldbeker in November soveel tyd daaraan om aan die verwagtinge te voldoen, dat 'n mens begin wonder hoe hy op sy spel sal kan konsentreer wanneer die Superrugby-reeks vroeg volgende jaar aanbreek. Die “afseisoen” is immers juis dit – 'n geleentheid om fisiek en geestelik uit te rus.
Maar as Kolisi se vuur geblus is, het die Stormers se afrigter, John Dobson, dit nog nie raakgesien nie.
“Daar is 'n geweldige aanvraag na Siya – op korporatiewe vlak en onder die publiek. Dit maak dit vir die span moeilik om te beweeg hier by ons kamp in die Wildernis. Ons moet wag vir almal wat selfies met Siya wil kry,” sê Dobson.
“Hy is so 'n innemende mens en 'n ekstrovert wat almal gelukkig wil maak. Dis puik, want dis wat ons graag met die Stormers wil doen.”
Dobson sê 'n mens is uiteraard besorg oor al die druk op Kolisi, “maar hy's gretig om weer aan die stuur te wees”.
Kolisi was die afgelope maand en 'n half 'n ware stralerjakker. Op 3 November was hy by Wêreldrugby se prysuitdeling in Tokio, van die 7de tot die 11de op die Springbokke se trofeetoer, en op die 10de het hy die People's Choice-prys in Durban ontvang.
Op die 20ste was hy by MyPlayers (die vereniging vir beroepspelers in die land) se toekenningsaand in Johannesburg, op die 24ste was hy in Londen waar hy 'n kontrak met die Roc Nation-agentskap gesluit het en op die 27ste op Anfield in Liverpool om 'n wedstryd tussen Liverpool en Napoli in die Europese Kampioeneliga te kyk. Daarna het hy vandeesmaand op die 12de in Monaco die Peace and Sport-prys ontvang.
Nou is dit net ses weke voordat die Stormers hul eerste wedstryd van die nuwe seisoen teen die Hurricanes op Nuweland speel.
Wat sake op die veld betref, glo Dobson Kolisi moet sy visier hoër as ooit vantevore stel.
“Sy uitdaging om die volgende vlak te bereik is om die Superreeks te wen, wat nog nie in hierdie streek gebeur het nie,” sê Dobson.
“Die aard van die toernooi is baie anders as die Wêreldbeker. Dis 'n marathon eerder as 'n naelloop.”
Terwyl Dobson dink Kolisi is 'n speler van wêreldgehalte, glo hy die Bok-kaptein het nog baie om te bereik.
“Siya se uitdaging is om die beste speler ter wêreld in sy posisie te word. Dis waar elke rugbyspeler wil uitkom. Hy's naby daaraan en as hy dít regkry, sal alles in plek val. Vir ons is dit heerlik om hom terug te hê. Hy het ingekoop in ons veldtog en is voor in die koor met ons singery en spanbouaktiwiteite, wat puik is,” sê Dobson. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie