Gaan Huang vir verhoor opdaag?
Ronelle Rademeyer - Alle oë is vandag op die landdroshof in Windhoek om te sien of die Chinese sakeman mnr. Jack Huang teenwoordig gaan wees wanneer die saak teen hom en sy vier medebeskuldigdes weer voorkom.
Huang het Namibië Sondag verlaat nadat hy ingevolgde sy borgtogvoorwaardes 'n aansoek ingedien het om vir sakedoeleindes na Angola te reis, het adj.komm. Edwin Kanguatjivi, hoof van die polisie vir openbare skakeling, by navraag gesê.
Huang is twee weke gelede in hegtenis geneem in verband met die belastingontduiking-, bedrog- en geldwasserysaak van N$3,5 miljard wat die staat tans ondersoek. Borgtog van N$1 miljoen is aan hom toegestaan, op voorwaarde dat hy sy paspoort aan die polisie oorhandig en een keer per week tussen Maandae en Vrydae by die polisie aanmeld.
Aangesien hy 'n sakeman is met belange in die buiteland, is die vergunning gemaak dat hy kan aansoek doen om sy paspoort terug te kry en na die buiteland te reis.
Kanguatjivi sê die ondersoekbeampte in die saak het ná so 'n versoek toestemming gegee dat Huang die land mag verlaat.
Die vier ander beskuldigdes, mnre. Laurensius Julius, Tao Huizhong, Huang Jinrong en Zhu Honggang, is in Desember verlede jaar in verband met dié saak in hegtenis geneem.
Zhu is op 22 Desember op borgtog van N$500 000 in vrygelaat. Julius, Tao en Huang Jinrong is op 23 Januarie borgtog van N$1,5 miljoen elk toegestaan.
Dié vier mans staan tereg op ’n klag dat hulle die minister van finansies onder valse voorwendsels bedrieg het deur voor te gee om goedere in te voer terwyl daar na bewering geen goedere was nie, asook ’n tweede klag van geldwassery deurdat geld vanuit Namibië na die buiteland oorbetaal is wat deur onwettige bedrywighede verkry is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie