Gaan Moodyu2019s SA wu00e9u00e9r afgradeer?
Gaan Moodyu2019s SA wu00e9u00e9r afgradeer?

Gaan Moody’s SA wéér afgradeer?

Belangrike mylpale sal die herstel van betroubare kragvoorsiening, streng beheer oor staatsuitgawes en ’n styging in belastinginkomste wees, volgens Moody’s.
Sanet Pearson
Hanlie Stadler

Nadat Moody’s Investors Service Suid-Afrika Vrydagnag afgegradeer het, is die groot vraag: Kom daar ’n tweede afgradering – en wanneer?

Moody’s het die vooruitsig vir Suid-Afrika se kredietgradering op negatief gehou.

Dis amper so erg soos die afgradering tot rommelstatus, want dit beteken Moody’s is pessimisties en reken Suid-Afrika se fiskale en ekonomiese situasie kan dalk soveel agteruitgaan dat ’n tweede afgradering wink.

Moody’s besluit weer in November oor Suid-Afrika se gradering. Intussen word Standard & Poor’s Global Ratings en Fitch Ratings se eerste besluit vir 2020 in onderskeidelik Mei en Junie verwag. Hulle het Suid-Afrika reeds in 2017 afgegradeer, maar die vooruitsig vir die graderings is stabiel.

Die agentskap sê dis onwaarskynlik dat Suid-Afrika “in die nabye toekoms” opgegradeer gaan word. Die vooruitsig sal in stabiel verander word indien die staat se fiskale konsolidasie volgens verwagting vorder, die ekonomie stadig maar volhoubaar begin groei, en risiko’s vir wanbetaling van staatskuld laag bly.

Moody’s sal Suid-Afrika verder afgradeer as “enige kombinasie van baie trae groei, ’n onvermoë om die primêre begrotingstekort te verminder, en stygende finansieringskoste” die land se skuldvlakke sal laat styg tot hoër as die huidige 91% van bruto binnelandse produk wat Moody’s tans teen 2023 verwag.

Moody’s waarsku dat die regering se beleidsreaksie op die land se probleme van uiterste belang is.

“Belangrike aanwysers in dié verband sluit in die regering se vermoë oor die volgende jaar of wat om die invloed van ’n wêreldwye resessie op die Suid-Afrikaanse ekonomie in toom te hou en om herstel daarna te bevorder; om ooreen te kom op strukturele hervormings wat die ekonomie kan versterk en dit in werking te begin stel.”

Belangrike mylpale sal die herstel van betroubare kragvoorsiening, streng beheer oor staatsuitgawes en ’n styging in belastinginkomste wees, volgens Moody’s. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 35° Rundu: 19° | 35° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 22° | 35° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 23° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 21° | 37° Keetmanshoop: 21° | 38° Aranos: 22° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 39° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 35° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 17° | 29° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 16° | 31° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 32° Harare: 18° | 28° #REF! #REF!