Gaboen: Regering sê hy het beheer teruggeneem

Lede van die weermag in Gaboen het vroeg gisteroggend ’n staatsgreep probeer afdwing.

Hulle het beheer oor ’n radiostasie geneem sodat hulle hul misnoeë teenoor die president kan uitspreek.

Pres. Ali Bongo Ondimba van Gaboen sterk tans in Marokko aan nadat hy ’n beroerte gehad het.

Kelly Ondo Obiang, leier van die Patriotic Movement of the Defence and Security Forces, sê hulle twyfel oor Bongo se vermoë om president te wees nadat hy die nasie in ’n Oujaarsdagtoespraak toegespreek het.

’n Bron wat na aan die regering is, sê skote kon naby die nasionale televisiestasie gehoor word, maar dit blyk dat dit net ’n klein groepie soldate was.

Soldate in Gaboen het gisteroggend op nasionale televisie verskyn en aangekondig dat hulle 'n staatsgreep begin het. Hulle sê die weermag is nou in beheer van die land sodat hulle demokrasie in dié land kan "herstel", berig AP.

Guy-Bertrand Mapangou, 'n woordvoerder van die Gaboen-regering, het aan AFP gesê dat daar weer kalmte in die land is nadat lede van die weermag gepoog het om 'n staatsgreep af te dwing. Die Gaboen-regering sê hulle is in beheer.

Vier van die vyf weermaglede wat by die staatsgreep betrokke was, is intussen gearresteer, terwyl een gevlug het.

Bongo (59) is in Oktober in ’n hospitaal in Saoedi-Arabië opgeneem nadat hy ’n beroerte gehad het.

Hy word in Marokko behandel.

Hy het einde Desember toegegee dat hy probleme met sy gesondheid het, maar sê hy sterk aan.

– Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!