Gaddafi se seun: Gevangene of nie?
Byna ‘n jaar nadat ‘n Libiese milisie aangekondig het hulle het die seun van die gevalle diktator Muammar Gaddafi vrygelaat, bly Saif al-Islam se lot ‘n raaisel.
Berigte van sy vrylating deur die Abu Bakr al-Sadiq-brigade, wat voorheen die dorp Zintan in die weste van Libië beheer het, is nooit bevestig nie en dit het aanleiding gegee tot wilde spekulasie.
Terwyl sommige volhou hy is steeds iewers in Zintan, sê ander Saif is dood.
Wat wel seker is, is dat hy nie sedert Junie 2014 gesien of van gehoor is nie. Hy het toe via video vanuit Zintan vir sy verhoor in ‘n hof in Tripoli getuig.
Saif is nou terug in die nuus nadat berig is Frankryk se voormalige president, Nicolas Sarkozy, het geld van Gaddafi vir sy 2007-verkiesingsveldtog ontvang.
In ‘n onderhoud in 2011 met die Euronews-televisienetwerk het Saif gesê Sarkozy moet die geld teruggee wat hy van Libië geneem het om sy verkiesingsveldtog te finansier.
Saif is in November 2011 deur die Zintan-milisie gevange geneem - enkele dae nadat Gaddafi in ‘n Navo-gesteunde opstand dood is.
Die internasionale geregshof is in ‘n toutrekkery met Libiese owerhede gewikkel om Saif na Den Haag te stuur sodat hy op klagte van misdade teen die mensdom tereg kan staan.
‘n Hof in Tripoli het hom egter in Julie 2015 in sy afwesigheid die doodsvonnis opgelê. – Nampa/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie