Gam-boere moet Nyae Nyae verlaat
Die oorblywende boere van Gam sê die regering ignoreer hulle.
Catherine Sasman - Sewe oorblywende Gam-boere en hul families, wat in April 2009 onwettig die Nyae Nyae-bewaringsgebied beset het, is vandeesweek deur die hoërhof opdrag gegee om die bewaringsgebied en die Nyae Nyae-gemeenskapswoudgebied te verlaat.
Twee van die boere, Tjizera Kavenzenji en ‘n sekere N. Ngombe, is ook opdrag gegee om die onwettige weiding van hul beeste in die gebiede te staak en nie toestemming te verleen aan enige ander mense om Nyae Nyae te beset nie.
Hierbenewens is die Namibiese polisie opdrag gegee om ‘n ondersoek na strafregtelike klagte wat ingebring is ingevolge die Wet op Bosbou en die Wet op Kommunale Grondhervorming, te bespoedig en af te handel. Die direktoraat bosbou is opdrag gegee om alle moontlike stappe te doen om beslag op alle oorblywende loslopende diere te lê.
Die hofbevel is op 28 Mei uitgereik ná ‘n uitgereikte stryd deur die Ju/’Hoansi tradisionele owerheid en hul hoofman, Tsamkxao ?Oma, om die Gam-boere uit Nyae Nyae te verwyder.
In sy eedsverklaring sê ?Oma die Gam-boere laat wei hul diere net waar hulle wil, hetsy in ekotoerismegebiede, jaggebiede of dele wat vir akkerbou aangewend word. Hy sê hulle het geen agting vir die belange van die plaaslike gemeenskap nie.
EISE
Die sewe respondente, Kavezenji, Ngombe, Tjitindi Vazapo, Kaapuhu Majuva, Kauheva Vetiaje, Murambi Ndjandereeko en Mutiro Dikuwa, het tydens ‘n onlangse besoek aan Windhoek gepleit vir “vestiging” – nie “hervestiging” nie.
Hulle is deel van die Ovaherero-families wat uit Botswana gerepatrieer is waarheen hul voorvaders tydens die Duits-Herero-oorlog tussen 1904 en 1908 gevlug het. Hulle is in 1996 in Gam hervestig.
“Ons is nie mense van Botswana nie; ons is Namibiërs wat huis toe gekom het. Nou het ons nêrens om heen te gaan nie,” het Vazapo namens die groep gesê.
Hulle sê hulle het nie die Nyae Nyae-bewaringsgebied beset nie, maar bloot teruggekeer huis toe na waar hul voorvaders se grafte is. Hulle voer aan dat die gebied ‘n slagveld tydens die Duits-Herero-oorlog was.
Die boere sê hulle wil ook die geleentheid hê om hul veekuddes aan te vul nadat baie van hul lewende hawe deur die ministerie van landbou, water en bosbou gekonfiskeer is.
Toe hul beeste deur die landbouministerie gekonfiskeer is, is hulle N$3 262 per bees betaal. Hulle sê egter dis ver buite die kol van die “sentimentele waarde” wat hulle aan daardie diere heg.
“Daardie beeste het name. Hulle kom elk met hul eie storie. Die waarde kan nie weerspieël word in die markprys wat ons destyds betaal het nie,” het Vazapo gesê.
In April vanjaar het hulle ‘n poging deur die owerhede afgeweer om ongeveer 60 van die oorblywende 120 stuks vee te konfiskeer wat hulle sê hulle in die Nyae Nyae-gebied agtergelaat het.
Die boere sê hulle wil ook erkenning as Namibiërs van die regering kry. Hulle kla dat hulle tot dusver geïgnoreer is en sê hulle is nooit geïntegreer nie. Hulle sê voorts hul nasate geniet geen wettige regte in Namibië nie.
Die boere eis voorts oorlogsveteraanstatus en ‘n stuk grond waarop hulle hul kan vestig.
Hulle sê die komitee wat pres. Hage Geingob onlangs aangewys het om ondersoek na hul lot in te stel, moet nog ‘n gesamentlike vergadering met hulle reël.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie