Gambiese krisis fokus van spitsberaad
Gambië se politieke krisis was Saterdag die middelpunt van 'n spitsberaad waar leiers die hoop uitgespreek het dat die land se langdienende leier die tuig vreedsaam sou neerlê.
Meer as 30 Afrika-staatshoofde en die Franse president, Francois Hollande, het die naweek in Bamako, die hoofstad van Mali, byeengekom om die stryd teen ekstremisme en Frankryk se rol op die vasteland te bespreek.
Die verrigtinge is egter deur die politieke krisis in Gambië oorheers.
Mali se pres. Ibrahim Boubacar Keita sê die meeste van die spitsberaad se fokus was op Gambië, waar pres. Yahya Jammeh gesê het hy sal nie die mag ná 22 jaar aan bewind oorhandig nie, ondanks verkiesingsuitslae waarin die opposisie-koalisie se kandidaat, Adama Barrow, 'n oorwinning behaal het.
Leiers van die Wes-Afrika-streekblok, Ecowas, het gesê teen Vrydag is nog geen ooreenkoms bereik nie, ondanks verskeie bemiddelingspogings wat van stapel gestuur is.
Ecowas sê militêre optrede is 'n opsie indien Jammeh nie uittree nie. Barrow is na Mali gevlieg om Hollande en ander streeksleiers te ontmoet. Hy sê Jammeh kan ná 19 Januarie, wanneer hy ingehuldig moet word, as “'n rebelleleier” beskou word.
Keita het die hoop uitgespreek dat die “fakkel vreedsaam oorhandig sal word”.
Hollande sê die verkiesingsuitslag van 1 Desember moet gerespekteer word. Hy het ook aangedui dat Franse troepe in Mali sal aanbly om te help in die bekamping van Al-Kaïda-ekstremiste. -Nampa/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie