Game, DionWired brand vas
Game, DionWired brand vas

Game, DionWired brand vas

Massmart het 'n gevoelige hou gekry toe verkope by van hul winkels afge
Hanlie Stadler - Verbruikers se geldknyp en die ietwat sterker rand het Massmart – moedermaatskappy van onder meer Game, Makro en Builders Warehouse – die afgelope jaar 'n knou toegedien.

Verkope by veral Game en Dion­Wired het skerp gedaal – met 2,8% – selfs al het dié afdeling sy pryse met gemiddeld 2,5% verlaag, luidens die maatskappy se handelsverklaring op Sens.

Die maatskappy se totale verkope van R93,7 miljard is slegs 2,7% meer as in die 2016-boekjaar, selfs al was die 2017-boekjaar 'n week langer (53 weke). As slegs 52 weke vergelyk word, het verkope met net 1% gestyg.



belangrike barometer

Verkope by winkels wat in die vorige jaar oop was – 'n belangrike barometer van hoe volhoubaar winkels bedryf word – het met 0,8% gedaal. Pryse het gemiddeld met 2% gestyg.

Volgens Massmart het verkope beslis in die tweede helfte van 2017 verbeter by onder meer Makro en die Builders-franchises. Die maat­skappy gee nog geen vooruitsig vir 2018 nie.

Suid-Afrikaanse verkope het met net 1,5% gestyg oor die 52 weke, terwyl vergelykbare verkope met 0,2% gedaal het.

Die sterker rand in 2017 vergeleke met 2016 het Massmart se syfers ook geknou.

In die ander Afrikalande waarin Massmart sake doen – Ghana, Botswana, Kenia, Lesotho, Malawi, Mosambiek, Namibië, Nigerië, Tanzanië, Uganda en Zambië – het verkope in konstante wisselkoerse met 3,5% gestyg en in vergelykbare winkels met 0,8%.

In randwaarde het dit egter met onderskeidelik 4,8% en 7% gedaal.

Die finale jaarsyfers word op 22 Februarie uitgereik.

Ondanks die gedempte syfers het Massmart se aandeelprys teen 12:00 met 3,3% tot R144,60 gestyg. – Netwerk24

Massmart se afdelings

• Massdiscounters (Game, DeonWired): Verkope -2,8% by alle winkels en -4,2% by vergelykbare winkels; gemiddelde pryse -2,5%.

• Masswarehouse (Makro en die varsprodukte-groothandelaar The Fruitspot): Verkope +2,9% en +2,4% by vergelykbare winkels; pryse +2,3%.

• Massbuild (Builders Warehouse, Builders Express, Builders Superstore en Builders Trade Depot): Verkope +2,4% en +1,6% by vergelykbare winkels; pryse +3,7%.

• Masscash (CBW, Trident, Jumbo, Shield en Cambridge Food): Verkope +0,4% en -2,3% by vergelykbare winkels; pryse +3,9%.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!