Gammams-projek: N$10 miljoen vir kundiges
Duitsland bewillig N$900 miljoen vir die uitbreiding van 'n watersuiweringsaanleg in die hoofstad.
Augetto Graig – Windhoek takel weer waterherwinning met ywer nadat die stadsraad onlangs miljoene van 'n Duitse bank aanvaar het om die Gammams-watersuiweringsaanleg uit te brei.
Die stadsraad het op 27 Mei die besluit geneem om 'n skenking van N$10,96 miljoen (€630 000) van die Duitse Ontwikkelingsbank (KfW) te aanvaar.
Die skenking sal tot en met 2023, twee keer per jaar en in verskillende hoeveelhede, uitbetaal word terwyl die munisipaliteit vir enige BTW, invoerheffings of ander openbare heffings verantwoordelik sal wees. Die bedrag kan tot N$1,25 miljoen beloop.
Dié geld is vir finansiering en tegniese kenners geoormerk om te verseker daar word aan voorwaardes voldoen en dat doelwitte behaal word.
Die Gammams-projek beoog om die kapasiteit van die watersuiweringsaanleg vanaf 25 000 kubieke meter tot 55 000 kubieke meter per dag te verhoog.
Volgens die munisipaliteit is die aanleg ontwerp om tot 28 000 kubieke meter per dag te herwin, maar die aanvraag is tans 50 000 kubieke meter gedurende spitstye.
“Dus is daar 'n behoefte aan uitbreiding en opgradering om in die aanvraag tans, en in toekomstige ontwikkeling binne die opvangsgebied, te voldoen,” luidens 'n munisipale nuusvrystelling.
Die Gammams-aanleg is die hoof- suiweringsfasiliteit vir afvalwater in die Windhoek-kom en is in 1961 gebou. Die 60 jaar oue aanleg is stroomop van die Goreangabdam geleë, noordwes van Windhoek.
Dit is die enigste toevoer na die Nuwe Goreangab Waterherwinningsaanleg (WinCog) wat verantwoordelik is vir die suiwering en lewering van drinkwater aan die stad, volgens die munisipaliteit.
Die munisipaliteit beklemtoon waterherwinning benodig spesialiskennis en daar is 'n tekort aan kenners in die streek en op die vasteland.
“Dus om te verseker dat hierdie spesialiskennis gedurende die projek beskikbaar is, het die finansierders voorgestel om die uitvoerende eenheid van die projek met die skenking te ondersteun, om die dienste te bekom en bestaande vaardighede aan te vul,” sê die munisipaliteit.
Die besluit kom kort ná die Namibiese regering 'n ooreenkoms met die Duitse regering bereik het vir die bewilliging van sowat N$900 miljoen vir die opgradering van Gammams deur middel van lae-rente lenings in Namibiese dollar.
Volgens die Duitse ambassade in Windhoek vorm dit deel van 'n groter ooreenkoms ter waarde van sowat N$1,8 miljard wat op 11 Mei deur die Duitse ambassadeur, mnr. Herbert Beck, en die minister van finansies, mnr. Iipumbu Shiimi, onderteken is.
Duitsland het voorheen – deur die KfW – vir Windhoek 'n N$720 miljoen lae-rente lening vir dié projek aangebied, maar dit is deur die ministerie van finansies stopgesit. Die rede was aangesien wetgewing plaaslike owerhede verbied om direk met 'n buitelandse onderneming te onderhandel.
Sedertdien is die munisipaliteit, KfW en die Ontwikkelingsbank van Namibië (DBN) in gesprek om hierdie transaksie af te handel.
Intussen het die hoofstad reeds in September verlede jaar konsultante op eie onkoste aangestel om die lewensvatbaarheidstudie van dié projek te voltooi. Volgens 'n dokument wat by die raadsvergadering gedeel is, word die studie se verslag einde Mei verwag, en sal die kenners se dienste aan die uitvoerende eenheid van die projek teen Julie reeds benodig word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie