Ganse familie na Rock n Run genooi
Pretdag
Die vierde jaarlikse FNB Rock n Run word komende Saterdag by die Trustco United-sportterrein in Olympia aangebied.
FNB Namibia is die hoofborg van dié kleurvolle byeenkoms wat 'n sterk klem op pret vir die hele familie plaas.
'n Bedrag van N$10 van elke kaartjie wat met 'n FNB debiet- of kredietkaart betaal word, is bestem vir die FNB Happiness Store wat hulp aan verdienstelike individue en welsynsorganisasies in Namibië verleen.
Me. Elzita Beukes, kommunikasiebestuurder by FNB, sê: “Hierdie byeenkoms was van die begin af 'n sukses en het die afgelope jare meer gewild geword en groter skenkings opgelewer.
“FNB Namibia plaas pryse op die spel vir die bes geklede deelnemers, asook N$500 elk vir die mans- en vrouewenner van die 5 km hardloop.”
Pret en vermaak word gewaarborg met optredes van musikante op plekke langs die 5 km en 10 roetes. Gekleurde poeier, slym, skuim en opblaasbare reusefigure sal verdere vermaakopsies bied.
By United sal deelnemers die Bakers Kids area, verversingstalletjies, Windhoek Draught biertuin, “dodgeball” en verskeie prettige kompetisies kan geniet.
Die bekende Suid-Afrikaanse sanger Kurt Darren, Goodluck, Jay en 'n 80's DJ sal ná die padwedloop 'n verhoogoptrede lewer.
Vir kinders is daar ook 'n poppekas om 14:30 en die gewilde Lollo's vertoning om 15:00 sal vir oud en jonk 'n Saterdag vol pret en speletjies lewer.
“Kaartjies is verkrygbaar by Webtickets Namibia, asook by die hek, en ons moedig elkeen aan om hierdie prettige familiebyeenkoms te kom geniet. Dit is 'n gesonde manier om 'n Saterdag in die geselskap van familie en vriende deur te bring en ons sien uit om almal daar te sien,” sê Beukes.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie