Garub se graffiti 'verdwyn'

Tanja Bause
Tanja Bause – Die graffiti wat die Garub-treinstasie naby Aus sedert Maart 2020 ontsier het, is toegeverf. Iemand het verf gevat en die gemors toegeverf. Wie? Dis die vraag wat niemand tot dusver kon beantwoord nie.

Mnr. Bernd Roemer van die Bahnhof Hotel op Aus het dit sowat twee weke terug opgemerk.

“Ek het geen idee wie dit was nie. Daar was in 'n stadium 'n hele lys van mense wat dit wou en sou doen, maar daar het niks van gekom nie. Ons is baie bly dat iemand dit uiteindelik gedoen het.”

Me. Christine Wulff-Swiegers was ook in haar noppies. “Dit is baie goeie nuus.”

Op die Facebook-blad “Luderitzbucht – Past and Present” is die foto versprei en mense wat dit gesien het, het hul waardering vir die onbekende persoon se goeie daad uitgespreek.

Garub is in Maart 2020 met graffiti bemors deur drie Franse en een Kanadese burger wat in Namibië getoer het. Dié vier het ook talle padtekens en straatborde vol geskryf. Kort nadat die foto's van die mans se dade in koerante verskyn het en mnr. Nrupesh Soni hul name bekend gemaak het, het talle besighede hul ondersteuning, hulp en materiaal vir die verwydering van die graffiti belowe. Die Covid-19-pandemie en gepaardgaande hoktyd het egter dié planne in 2020 in die wiele gery tot nou toe.

[email protected]

FOTO’s
So het die Garub treinstasie gelyk nadat die vandale – buitelandse toeriste – dit in 2020 met graffiti bemors het. Foto Tanja Bause
Die treinstasie nadat iemand dit ’n nuwe verflaag gegee het. Foto Franci Carney

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!