Gasbottels vol truuks
Raakrugby
Leandrea Mouwers
Die Gasbottels is vir die vyfde opeenvolgende jaar die Sparta raakrugbytoernooi se kampioen nadat dié span in die bekerfinaal vir Erongo Salvage met 2-0 geklop het.
Die Touchies rugby toernooi was gewoonlik op Hentiesbaai gehou met Sparta-rugbyklub wat dit nou vir die afgelope twee jaar op Walvisbaai aanbied. Net agt spanne het vanjaar deelgeneem naamlik Souties, Sparta, Die Ouens, Erongo Salvage, Namlub, El Maestros, Gasbottels en The Barbarians.
In die plaatfinaal het Souties met 1-0 teen Namlub gewen. Alessandro Smit het die wendrie vir sy span gedruk.
In die bekerfinaal het Gasbottels twee drieë teen Erongo Salvage gedruk, naamlik deur Aurelio Plato en Elton De Smit.
Gabriella Jahs, van Grootfontein-rugbyklub, was weer die enigste vrouespeler tussen die mans. “Ek is nou al so gewoond om met die manne te speel. Rugby is my sport. Die jaar kon ek ook my land op nasionale vlak verteenwoordig.”
Aurelio Plato, kaptein van die Gasbottels, sê dit het harde werk gekos om weer as die trofeewenners te eindig.
“Ons oefen nie baie nie. Ons kom maar op die dag bymekaar, speel saam en geniet die dag saam. Vyf jaar – dit wil gedoen wees. Ons kyk maar wat gebeur volgende jaar.”
Tydens die prysuitdeling is Ruby Cloete (Souties) as Mej. Touchies 2021 gekroon. Haar eerste prinses is Shakira Borges (Gasbottels) en die tweede prinses is Kiesha Isaacs (Sparta).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie