Gatland lu00ea snoeisku00ear in vir derde toets
Gatland lu00ea snoeisku00ear in vir derde toets

Gatland lê snoeiskêr in vir derde toets

Leeus-toer
Stephen Nell – Warren Gatland, afrigter van die Britse en Ierse Leeus, het die snoeiskêr ingelê deur ses veranderings aan sy beginspan aan te bring vir Saterdag se derde en beslissende toets teen die Springbokke in die Kaapstad-stadion.

Die veranderinge is:

• Liam Williams vervang Stuart Hogg op heelagter;

• Josh Adams neem Anthony Watson se plek op regtervleuel;

• Bundee Aki vervang Chris Harris op senter;

• Ali Price ruil plekke met Conor Murray op skrumskakel;

• Ken Owens vervang Luke Cowan-Dickie op haker; en

• Wyn Jones dra die nr. 1-trui in Mako Vunipola se plek.

Gatland sê in 'n verklaring sy 23-tal het 'n “spesiale geleentheid” om 'n reeks in Suid-Afrika te beklink.

“Geleenthede kom nie veel groter as hierdie nie en ons is opgewonde oor die uitdaging wat voor ons lê,” sê hy.

“Ons het geen verskonings oor verlede week se vertoning nie. Die Springbokke het ons in die tweede helfte onder druk geplaas en verdien om te wen. Ons gaan dié keer in die tweede helfte baie beter moet wees, en ek glo dit sal gebeur.”

• Britse en Ierse Leeus: Liam Williams, Josh Adams, Robbie Henshaw, Bundee Aki, Duhan van der Merwe, Dan Biggar, Ali Price, Jack Conan, Tom Curry, Courtney Lawes, Alun Wyn Jones, Maro Itoje, Tadhg Furlong, Ken Owens, Wyn Jones.

Reserwes: Luke Cowan-Dickie, Mako Vunipola, *Kyle Sinckler, Adam Beard, Sam Simmonds, Conor Murray, Finn Russell, Elliot Daly.

• Sinckler se insluiting op die plaasvervangersbank sal daarvan afhang of hy kwytgeskeld word deur 'n tugkomitee op 'n klag dat hy Franco Mostert se arm gebyt het.

– Netwerk24

FOTO
Josh Adams, die Wallieser wat die voorste driedrukker in die 2019 Wêreldbeker-toernooi was, is as die Britse en Ierse Leeus se regtervleuel gekies vir Saterdag se derde toets. Foto Getty Images

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer